Feed on
Posts
Comments

“To let go”

Ek leer of besef weer elke keer as ek klaar is met ‘n Bodytalk sessie, iets. Of ek nou ‘n sessie ontvang het of een gegee het. Gister het ek weer onthou  hoe ongelooflik  jou “mind” kan wees. Hoe jou “mind” jou beskerm. Dit het my altyd gepla as mense se dit en dat het hulle oorgekom maar hulle het nog nooit daaroor gepraat nie, of hulle praat daaroor asof hulle vir jou iemand anders se hartseer vertel. Hoe werk dit? Hoe word ‘n vrou verkrag of ‘n man as kind pap geslaan en a) hulle wipe dit net of b) volgends hulle het dit nie regtig gebeur nie.

Once again the mind is a powerfull thing. Daar is dan weer die ander kant. Hoe word ‘n vrou verkrag of ‘n man mishandel en hulle aanvaar dit net. Hulle verwerk dit, werk daardeur, leer om weer te vertrou, praat daaroor en kan nogsteeds in die einde vir jou se “dit het van my ‘n sterker mens gemaak, of “ek mos leer om te vergewe want anders sou my aanvaller wen”

Soos ek se ek leer elke keer iets nuuts. Ek het gister ‘n sessie op ‘n vriendin gedoen. Sy is baie “spiritual” en glo mens gaan deur seker dinge sodat jy weer vir ander kan help of leer. Maar glo my ek dink sy het nou al genoeg “lesse” geleer. Alles wat mens aan kan dink het met haar gebeur. En as sy vir jou haar verhaal vertel kan jy nie glo sy bly so kalm nie, kan jy nie glo sy se “but you know what, it made me a stronger person, i can related to so many people because i went through the same things they did” Nee wat julle. Daar haal ek my hoed vir haar af want ek dink nie ek sal ‘n verkragting op 14, dan weer op 21 kan oorleef nie, nevermind ‘n skietery waarin “the love of my life” in my arms doodgaan nie, om nie eens te praat van die 10 jaar waarin sy getroud was met ‘n man wat haar mishandel het nie. No way. Ek sal lankal al my kop neergele het en stadig begin doodgaan het. Maar nie sy nie, aikona. Sy het haar tuisland verlaat met ‘n dogtertjie van ses, SA toe gekom met amper niks en weer van vooraf begin.

Dis ‘n sad maar eindelik nice storie “don’t you think”. Dit maak ‘n mens weer glo. As sy so baie dinge deur kon gemaak het en deur dit alles nog staan, wel dan is enige iets moontlik. Wel dis wat ek gedink het. Sy het nooit vir my iets vertel nie, sy het hierdie “geheim” vir die laaste 34 jaar saam met haar gedra. En met gister se bodytalk sessie het die lyf uiteindelik besluit, na soveel jare is dit reg to let go, na soveel jare kan sy uiteindelik behoorlik begin genees.

Haar geheim. Deur alles wat met haar gebeur het, het sy nooit een traan gestort nie, nie een nie. Op ‘n manier het sy haarself oortuig as sy huil is sy swak, as sy huil verloor sy “control”. En na die bodytalk sessie staan sy in die kombuis en skielik sonder enige waarskuwing begin die trane te loop. Dit was nie baie nie, miskien 5 of 6, maar dit was net genoeg vir daai oomblik. Net genoeg dat sy moes besef okay dis oraait. Ek is seker daarvan as ek later vanoggend met haar gaan praat gaan sy vir my se sy voel “relieved”, voel ligter en dalkies ook dat sy later die dag nog ‘n traan of twee gestort het.

“The mind is truly a powerfull thing” 

Na amper 4 jaar het ek my man uiteindelik oortuig dis tyd om n ander huis te soek. Glo my met hierdie twee woelwaters het die plek (wat sommige mense alreeds plekkie noem) net te klein geraak.  Ek gaan wel so bietjie sad wees as ons die dag die deur agter ons toetrek want vir ‘n townhouse het hierdie plekkie ‘n ENORME hoofslaapkamer. Nee genuine. Dis groot. Maar omdat ek en manlief nie ‘n TV in die kamer wou he nie het ons actually baie spasie gemors. Mens kan met gemak ‘n klein TV kamertjie hier inpas en dalk nog ‘n ekstra enkelbed ook.  Ek het al die jare die kamer for granted gevat. Tot ek onlangs begin townhouse en selfs huise kyk. My maggies party plekke se hoofslaapkamers kan 2 keer in myne inpas.

Maar ongelukkig is ‘n groot hoofslaapkamer nie ‘n goeie genoeg rede om aan te bly nie. Dit het natuurllik sy nadele ook want die seuntjies dink dis hulle kamer. Ek het nou die dag omgeval van skok toe ek instap en hier ry my jongste met sy swart motorfietsie heen en weer oor die mat. Gelukkig vir hom het hy vinnig besef ma dink nie dis baie snaaks nie want die volgende minuut tel hy sy fietsie op en vlieg omtrent by die trappe af. 

Ek hoop die volgende mense waardeer die hoofslaapkamer meer as wat ons het. Hoop hulle gebruik die spasie reg. Miskien gaan hulle ‘n klein tvkamertjie in die een hoek sit bed in die ander en erens in middel ‘n “track” vir hulle seuntjie se swart motorfietsie. “Who knows”

Act your age

 

Sussie het gese ek moet ook ‘n hit uit my geboorte jaar post. So here goes. Ek dink dis vrek oulik man!

Virgin wie ek?

  Nee man hoe beland dit dan nou hier? Okay ek dink dis tyd dat ek iets ander moet herken “ek is ‘n techno virgin”  WAAR IS DIE RES VD FOTOS!!!

Wel ek moet se om jou “party virginity” te verloor is no walk in the park. Daar was ‘n paar angsvolle oomblikke. En natuurlik is jou eerste keer nie iets wat jy nie graag wil oor he nie maar nou ja. Wat gedoen is, is gedoen. Ek weet darem nou wat om te verwag as oudste se party gereel moet word. Iemand mos geweet het ek sal na my eerste party nie gou weer kans sien vir die volgende een nie daarom is daar ‘n 8 maande recovery voor die volgende een.

Okay die oggend moes manlief vir my skoonma op die lughawe gaan haal. Sy het slap bang binne in die middel van alles geland. Half 11. So dit het beteken dat manlief nie regtig kon help met die party voorbereidings nie. Wag so bietje, wag so bietjie. Het hy nie sy ma se booking via die internet gedoen nie. And the penny drops.  Ek het nou ‘n sterk vermoede hy het dit aspris so beplan. Aspris sodat hy nie deel hoef te gewees het van die vooraf reelings nie. Al die sweet, die amper trane (daar was 2 party pack geskenkies te min), die op en af by die trappe met al wat glasbak is, om nie een van die  Pick ‘n Pay toe jaag vir plastiek vurke (sussie ek is so jammer - maar jy moet verstaan, ek het nie genoeg regte koekvurkies gehad nie, asb moenie vir ma se nie), te praat nie.

Anyway, alles het soort van glad verloop. Gelukkig het 4 kindertjies nie opgedaag nie so al die seuntjies het party pack geskenke gehad. Julle ouens my party pack geskenkies was bietjie van ‘n gemors. Ek het vergeet ‘n mens stuur die geskenkies saam met die kinders huistoe en virgin wat ek is pak dit toe alreeds in hulle sweets pakkies in. Wat ‘n gedoente. Dit was sulke klein plastiek geweertjies met 2 klein pyltjies. Na omtrent ‘n half uur bars elke 2de seuntjie in trane uit. “Where is it, where” gil meeste van hulle. Ja julle het reg geraai. die pyltjies is almal missing.  Wel daai krisis het ons ook oorleef.

All en all was die partytjie (volgens my anyway) nie te bad nie. Ek het hope fotos geneem. ek is happy snappy mad. Ek dink ek was so besig met die fotos neem dat ek helfte van die party soos ‘n afkop hoender ager al wat kind is aangehardloop. So ek het nie juis gesocial nie. Manlief aan die ander kant.  Ek was skoon stom van skok. Toe ek nog so agter ‘n taai vingertjie kind aanhardloop struikel ek amper oor ‘n swart motorfietsie want daar onder die boom sit my man saam met die res van die ouers en koek eet. My man. Julle weet die een wat bereken en weer moet bereken voor hy enige iets doen. Ek vermoed hy het van sy ma af weggehardloop maar dit bly tussen ons. Ek? Natuurlik het ek ook weggehardloop. Hoekom dink julle neem mens meer as 100 fotos op ‘n kinderpartytjie en meer as die helfte daarvan is nie eens jou eie kind, kinders of selfs man nie. 

. Dankie vir al julle moed inpraat voor die tyd en wonder of ek okay is na die tyd. Dit beteken baie vir my.

More vertel ek julle vd  petting zoo!

 

 

Julle dis om die draai, en ek le al van die begin Maart af wakker. Dis deesdae ‘n hele affere. Nie soos in ons dae nie. O nee. Vandag moet mens uithaal en wys anders lei jou arme kind tot hy die dag 21 raak. En as ek praat van groot affere dan bedoel ek groot. My jongste enetjie raak oor 2 weke 3. En soos ek gese het ek le al vir weke wakker.

Weet jule hoeveel druk word daar deesdae op ouers gesit om die perfekte verjaarsdagpartytjie te gee. Nee ek is erenstig. Ek weet van sommige mammas wat al ‘n paar maande voor hul rakker se verjaarsdag klaar op ‘n tema en koek besluit het. Een van my vriendinne koop al in Februarie maand goed vir die “pakkies” wat die kinders saam met hulle huistoe neem. En weet julle hoeveel rus op daai pakkie? Dit kan jou kind maak of breek se ek jou. Maak of breek.

Ek sidder sommer terwyl ek hier sit. Hoekom werk ek myself so op wonder julle seker. Wel hoe moeilik dit ook al is om te herken. Ek is ‘n partytjie virgin. Nee genuine.  My “gooi ‘n kinderpartytjie soos min” kennis is baie baie beperk en ek hoef nog nooit vir enige iemand te impress het nie.

Met jr se eerste verjaarsdag trek ons letterlik ‘n week voor die tyd terug Johannesburg toe maar my pelle in Secunda bless them, is nogsteeds so oulik hulle reel ‘n hele partytjie vir hom. Al wat ek moes doen is om ‘n paar litres koeldrank saam te bring en natuurlik vir manlief te oortuig om vir die dag deur te ry Secunda toe.

Sy tweede partytjie is ‘n blank (nee genuine maar gelukkig weet almal alreeds na “Picture this” dat ek ‘n ma se agterend is) my vlooi, wat het op sy tweede verjaarsdag gebeur? waar was almal? ek bedoel my sussie mos seker hier (nee wag ek dink dis die Desember toe sy Indie ingevaar het- maar ek mag verkeerd wees. Hel as ek reg is gaan dit baie sleg lyk, Ek weet wat waar my sus met my kind se 2de verjaarsdag was maar waar ek en my gesin was is duister)

Sy derde word in die midde ooste gevier. Daar is ‘n partytjie maar mens kan dit net een noem omdat daar hierdie keer maatjies (2 myne en die ander twee seuntjies is bure bo en onder ons - ook van SA en my man se kollegas se vrouens) en ‘n koek is. My vlooi, die klein partytjie het selfs ‘n theme gehad. Dit was Cars. Die feit dat die verjaarsdagkoek uit verskillende snye koek bestaan het en die kinders nie hul monde daaraan gesit het - wel dis ander dag se skuldgevoelens)

Laas jaar is die kleuterskool al gesluit en omtrent elke maatjie is weg met vakansie (die help nie juis as jou verjaardag in Desember is nie ne?) Ek het wel ‘n koek en sweeties einde November skool toe gestuur. Ek het die koek hierdie keer self gebak maar my mens dit was erger as erg. Ek is nou nog dankbaar dat my sussie dit nie aanskou het nie want sy sou my tien teen een te lyf gegaan het. gelukkig is getroue Mina se kinders hier op die dag wat hy verjaar en ons breek die rekord saam met my twee is daar 4 ander maatjies (Jippee) Daar is ‘n koek ( nee ek weet nou koekbak is nie een van my sterker punte nie - boks of nie) sommer by Spar gekoop, ‘n paar sweeties en chippies op die tafel, almal sing Happy birthday, en jr is in sy element.

Jr’jrtjie se eerste word gelukkig in Maart gevier  saam met die res van die Mums and Babes klassie. Hy is die laatlammetjie so hy vier meer as ‘n maand te vroeg fees. Gelukkig want 10 dae voor sy eerste verjaarsdag (sien julle ‘n patroon raak) land ons  in die middel vd nag op Doha lughawe. Hoofstad van Qatar. Bure: Bahrain en Saudi. (dis ander tyd se stories ek kan wel se dankie tog dit was nag want as dit dag was het ek een kyk gegee en gese vark vir dit opgee - NO WAY!!) So toe vier ons vier maar jr’tjie se verjaarsdag by Applebee’s.

Sy tweede verjaarsdag is ons net terug van Doha af en daar is weer amper geen maatjies in sig. Gelukkig join ek toe weer die Mums and Tots (toe Babes)  groepie en toe sy verjaarsdag kom vra ek sommer vir die “juffrou” of ek sy partytjie daar kan hou. My skoonma is hier en maak ‘n Barney uit die boks koek. Heiden julle daai koek was nie baie mooi nie dit was regtig terrible maar toe het ek mos nog nie geweet my poging 2 jaar later gaan erger as dit wees en lyk nie.). Ongelukkig vertel die juf nie vir die res van die klas nie so dit was seker die eerste verjaarsdagpartyjie in history wat die maatjies niks persente bring nie.( My goeie vriendin wat saam met my klas toe gegaan het, het sy persent daai oggend by die huis vergeet.)

So sien ek is ‘n Kinderpartytjie virgin. Ek word oor 2 weke verwag om nie net ‘n theme te he nie maar ook ‘n koek (nie van Spar of uit ‘n boks nie) Hierdie blerrie koek gaan my honderde rande uit die sak jaag. Dan is daar nog die venue. Dis die nuwe in ding. Maar ek moet ‘n venue gehad het want ons meenthuis se tuin is 3 grasbolle groot. Dan die entertainment. Gelukkig sluit die venue se huur gelukkig ‘n springkasteel ook in.Dan die eetgoed vir die ouers en kinders en die heel belangrikste die ding wat jou kind kan maak of breek. Daai boksie. Daai wag so bietjie ek weet dit het ‘n naam. Ja die PARTY PACK. Dis dit. Dan is dit die Party Pack. Een klein boksie wat kan bepaal of jou kind cool genoeg is om na ‘n volgende maatjie se partytjie toe uit genooi te word,  maar wat ook jou kind se status( en natuurlik joune) bepaal (hoe groter, hoe duurder, hoe ryker)

Julle dis te erg. Ek is alreeds die enigste (REGTIG) enigste mamma wat met ‘n klein 13 honderd Wit Golfie ry, seker ook een van die min mammas wat nie hoe hakskoene en powerpakkies dra nie.  En die ergste heel ergste. My virgin status moes uitgelek het. Daai uitnodiging is al laas week uitgestuur en niemand het nog ge rsvp nie. NIEMAND NIE.

 

“Picture this”

Ek het altyd gedink ek gaan ‘n baie goeie ma wees. Ek het myself al gesien.O hoe het Sophia altyd in Golden Girls gese ”Picture this…” 

My kinders is almal baie gelukkig en goed gemanierd, my man kan nie glo hoe ek ‘n huishouding kan “run” en vyf kinders kan grootmaak nie. Ek pak elke oggend die lekkerste kospakkies vir my liewe klein kindertjies skool toe en manlief ky net voor 7 sy ontbyt (spek, eiers en vrugtesap natuurlik wat dan anders?)  Ek gaan laai hulle sonder enige probleme by die skool af en voor hulle by die hek instap draai al vyf om en se “ons is so lief vir jou mamma”.  Dan gaan ek huistoe en begin my dagtakies. Eers pak ek ‘n vars brood en sommer muffins vir my siek vriendin, dan haal ek die vleis vir vannaand se ete uit die yskas en werk sommer die res van die spyskaart ook uit. Gee vir getroude Mina haar lysie van wat ek vandag verwag sy moet in die huis doen, dan gaan sit ek vinnig en drink ‘n koppie tee terwyl ek die jongste Rooi Rose deurblaai. Half 2 gaan haal ek my klein patroontjies en as hulle by die huis inkom neem ek elkeen se bestelling vir middagete. As almal klaar geeet het, help ek die jongstes met huiswerk en of neem een van die ouer kinders na ‘n hokkie, sokker of dalk rugby wedstryd. Teen 6 uur is die tafel gedek, die kos gaar en die kinders lees of speel rustig in hul aparte kamers. Voor my manlief huistoe kom, spring ek vinnig in die stort, was my hare, trek vars klere aan, blaas my hare droog en spuit myself met parfuum. Ons almal sit aan tafel om en by 7 uur. Teen agt uur is almal klaar geeet en teen nege uur is al die kinders in die bed. Dan sit ek en manlief en bespreek wa ons vandag elkeen gedoen het. Ons gaan dan kamer toe en voel so gelukkig en stress free dat ons selfs kan liefde maak ( die 4de keer hierdie week). My kinders slaap almal deur die nag en ek slaap rustig tot ons wekker 6 uur die volgende oggend afgaan.  NOT!!

Picture this:

Ek is ‘n ma se agterend. Ek sukkel met twee, nevermind vyf. Die oudste een is net vier maar order my rond. Oulike kospakkies! HA HA. Die twee rakkertjies kry of toast of Frosties vir ontbyt. Manlief? O hel! Twee seuns eet middagete by die skool so oor hulle lunchboxes hoef ek nie te worry maar manlief sin moet nog gemaak word. Ek sal nie se dis great nie maar dis eetbaar (wel sommige dae anyway).

Ek gaan laai die kinders by die skool af. Ongelukkig kan ek hulle nie net voor die hek aflaai en met skreeuend bande wegjaag nie. Wat ‘n storie. Die een weier om my been te los, die ander een is ewe skielik Job se vrou. Gevries. Uiteindelik is die tweetjies gesettle. Mommy loves you se ek vir die oudste. “I am not your friend! gil hy skielik.

Kom by die huis, val moeg op die eerste stoel neer. Ek raak net so aan die slaap.Later gaan sit ek voor die komper, stuur ‘n paar emails en doen bietjie scrapping. Half 2 moet ek die rakkkertjies gaan haal. Oudste val my om die lyf. Mens kan sweer ek het hom jare gelede al daar afgelaai.

Aandete? Ek onthou eers van aandete as Mina my vroeg genoeg herinner anders hardloop ek gewoonlik soos ‘n afkop hoender vyf minute voor manlief by die huiskom in die kombuis rond. Die kinders is darem gebad en ek geen regtig nou nie meer om as hulle stoei op die rusbank nie.

Manlief kom by die huis. . My hare is plat om my kop en die sweet tap my af, ek ruik na tamatiesous en vis.Seuns stoei nogsteeds erens in die meenthuis.

Hy kry hulle amper rustig, gaan trek sy werksklere uit, soen my vinnig en vat die seuntjies dan kamer toe. Teen agt uur is hulle vas aan die slaap. Ek skep ons kos op en ek en manlief eet vinnig klaar. Kan nie wag om kamer toe te gaan nie.  Ons albei is stokflou. Manlief probeer darem nog small talk maak maar ek antwoord in ja en nee so die gesprek hou nie lank nie. Uiteindelik in die bed. Goodnight love se ek maar die love is nog nie eens behoorlik uit nie en hy snork al.  Ek raak net aan die slaap toe jr’jrtjie langs ons bed kom staan. Mommy i need to get in and where is my bottle. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n volle 5 ure un interupted slaap gehad het nie.

Nee wat om ‘n ma te wees is meeste van die tyd harde werk maar ai as hulle saans hul warm net uit die badlyfies teen jou kom vasdruk wel dan sien jy weer kans vir more.

NS: het darem weer met manlief geconnect op ons wonderlike vakansie by die see.

Okay indien enige iemand dalk gewonder het wat van my geword het, ek het Da Mario se raad gevolg (pak jou tassies gaan bietjie weg en los die familie agter) maar ek mos ongelukkig die hele familie saam piekel. Kuier tot einde volgende week by my ouers in die Oos Kaap. Ek weet hulle (ouma en oupa) wens die dae moet vinniger verby want let’s face it, my seuntjies is baie kere bietjie woelig. Ek het al track verloor hoeveel keer ouma benoud gil “no not that, not the couch, wat het hy nou beet” of oupa wat uit moedeloosheid bo in die lug sit (sy studeerkamer is soos ‘n klein soldertjie bo een van die kamers) en net elke nou en dan bulder “Hey stop screaming, stop making such a noise” 

Oupie (soos die kleinkinders hom noem) is ‘n baie hands on oupa. Sal selfs ‘n PD (poefdoek) omruil as dit nie anders kan nie, maar oupa hou nie van baie geraas nie. Kinders mag doen net wat hulle wil (tot my ma se ontsteltenis natuurlik) solank hulle net

a) uit sy blombeddings bly

b) nie baie raas en skreeu nie

c) nie met hulle yoghurt vingertjies aan die remote vat nie

d) hom nie soggens voor 7 wakker maak deur op hom te spring nie 

e) thank you and please se

f) en saans tussen 7 en 8 gaan slaap want oupie kyk nuus en NIEMAND mag beweeg nevermind praat as oupie nuus kyk nie.

Dit klink  na heel billike reels ne?  Wel easier said than done!!  Want sien hierdie huis van oupie en ouma is glad nie child proof nie en glo my ek dink partykeer dit moet grootmens proof ook wees.

My ma maak huis en nie sommer met enige iets nie. Nee. My ma het alles van dit, bietjies van dat orals om die huis. En as ek se alles en bietjies wel dan bedoel ek dit. 

Kom stap saam. Ek gaan julle net vinnig laat loer en dan sal julle verstaan hoekom my seuntjies vir amper 2 dae nie behoorlik kon slaap nie. Hoekom my oudste seun in die hemel is en vir die laaste week net 2 of 3 tantrums gehad het in plaas van 5 of 6 daagliks. Hoekom my jongste saans bly se “i have to wake up” nog voor hy behoorlik sy le op die bed gekry het, hoekom my ma-hulle se huis iets het wat kindetjies van heiden en verre laat kom.  

Jy snak al na jou asem as jy die garage deur oopmaak.  Daar loer Follie skaam uit die klein pakkamertjie uit. Follie soos in volstruis. Jip. Ek onthou die dag toe ma bel en se “sussie ma het ‘n volstruis gekoop” Ek het net daar ophou asem haal vir paar sekondes en al wat kon uitkry is “ek bel ma terug”  Ek bel vir sus.  Voor ek nog behoorlik hallo se sy “ja ‘n volstruis maar dit raak beter, die volstruis staan in ‘n glaskas.   Dan klim jy die trappe na bo. As jy bo kom en rond kyk, dan jy weet sommer net. As die huis soveel karakter buite het, well dan wag daar ‘n hele nuwe wereld binne. En glo my, jy gaan beslis nie terleurgesteld wees nie.

Skuus ek moet groet. Ek sal die “toer” later moet voorsit. Geen broadband, wireless, of wat ook al internet hier langs die see nie, aikona. Dis nog dial up so hoe langer ek “kuier” hoe meer sukkel een of ander persoon om deur te kom op die huisfoon.

 Geniet julle langnaweek. En onthou waaroor die eindelik gaan.

Groete uit die Oos Kaap

Bodytalk?

Bodytalk. Ek kan letterlik bladsye en bladsye vol daaroor skryf. Ek weet nie hoeveel van julle het al daarvan gehoor nie, ek weet ook nie hoeveel van julle wat al daarvan gehoor het is baie skepties nie, maar ek weet wel dit verander elke dag my lewe. Ek weet ook dit kan so baie mense se lewens verander as hulle dit net kans wil gee. Ek het so jaar gelede per ongeluk daarvan gehoor. My ma se een vriendin bel my laat een aand. Sy is jammer as dit ongelee is maar sy moet hierdie net met my deel. Kortliks vertel sy my oor Bodytalk en van haar eerste sessie.  Sy hoef regtig nie hard probeer het om my te oortuig nie, want sien ek glo my hele lewe al aan die “n gesonde gees huisves ‘n gesonde liggaam” en dis persies waarom Bodytalk gebasseer is.

Ons lewe in ‘n wereld wat so vol stres is en ons jaag so rond dat ons baie kere vergeet hoe belangrik dit is om ons gevoelens en emosies in ag te neem. Baie kere vergeet ons om te skreeu as ons upset is, (al is dit net in jou kussing) of om behoorlik te huil as ons hartseer of selfs bly is. Ons vergeet van ons. En dan gaan sit baie van die negatiewe emosies wat ons op ‘n daaglikse basis ervaar in jou lyf. Die lyf probeer hard maar dit raak later net te moeilik en deur alles vergeet dit “how to heal itself”. Dis waar Bodytalk inkom. Dis amper soos Telkom. Die Bodytalk practioner kom maak jou lyne reg!

Dit was sussie se idee om hierdie post te begin. Sy se baie mense wil nie net feite lees nie baie mense wil weet hoe dit hulle kan help. So ek gaan nie meer tegnieser as dit raak nie. Ek gaan hierdie post net gebruik om julle te vertel hoe dit my lewe en die mense rondom my se lewens verander.

As julle meer wil weet gaan loer gerus www.bodytalksystem.com

“Motherhood”

Ek het nooit in my lewe gedink ek sal sing en dans as ek my jongste gaan oplaai en hy het nogsteeds dieselfde broek aan wat ek vanoggend vir hom aangetrek het nie. Ek het nooit gedink ek sal my ma bel en se ” ma raai wat ek het wonderlike nuus, die oudste het na maande se gesukkel uiteindelik in die toilet ge no 2 ( my ma se antwoord - moet jy dit nou met my deel - ek glo dis beter as die reaksie wat ek seker by my sus sou kry - haar antwoord op enige iets wat met die twee otterjassies te doen het is “neuk hulle net man”) Manlief kom by die huis en vra hoe was my dag. Ek lag hardop en draai in die ronde. “Looks like you had a great day, what did you do” “Nie ek nie, die seuns. Jy sal dit nie glo nie maar jr’jrtjie het nie ‘n glipsie by die skool gehad nie en jr het in die toilet te no 2″ My man loop kamer toe en se net “oh”. “oh” dog ek.  Hy kla al maande dat ek iets aan die oudste se fobie vir no 2 in die toilet moet doen en dat die jongste een reg is vir pottytraining. Uiteindelik word daar vordering gemaak en al wat hy se is “OH”.

Skielik tref dit my. Ek raak opgewonde oor my kinders se nommer een en twees?  Is dit wat motherhood aan my gedoen het?  Ek kan aan niks anders dink wat my vandag laat op en af spring het nie dink ek hartseer. 

Dit was gister. Vanoggend wat ek reg vir vandag.  Ek het gaan tee drink by ‘n liewe vriendin en ek was vas oortuig ons gaan die wereld se probleme oplos, oor ons land se ekonomie praat, okay wat weet ons van die land se ekonomie maar ons kan miskien dalk selfs Egoli notas uitruil. Ek is so opgewonde oor die oggend wat gevul gaan wees met Grootmens praat dat ek al die pad na haar toe hardop saam met Jacaranda sing.  Sy kom deur toe ons het skaars gesit toe sy haar hande opgewonde klap en se raai wat my meisiekind  het besluit sy wil nie meer ‘n nappy he nie”. “Kan jy glo” se sy vir die 2de keer. “sy gaan tot al self badkamer toe”. Ek smile en se hoe bly ek is, besluit om nie my no 1 en 2 stories te deel nie want mens “pee” (no punn intended) nie op ’n mede mamma se parade nie. Ons praat en praat alles  mamma goed. Ons praat oor dissipline, wat werk en wat nie, oor snot neuse en kinders wat nie wil eet nie. Teen die einde wens ek net vir een of twee groot mens topics.

Ek kom vanmiddag moeg by die huis.  Skielik lui die telefoon.  Nog ‘n vriendin.  “I need your advice please”  Jippe iemand dink wat ek se sal dalk ‘n verskil maak. Iemand dink ek kan dalk antwoorde he. Antwoorde op belangrike goed. Antwoorde wat haar dalk kan help om ‘n belangrike besluit te neem. Grootmens besluite. Grootmens goed.  Ek is nou al so opgewonde ek sukkel om te antwoord. ” Go ahead” se ek uiteindelik.

“Well I was wondering if you have any idea why my four year old don’t want to poo in the toilet”

Ek wonder net

Ek wonder.  Die laaste twee dae wonder ek meer as gewoonlik want manlief is nie tuis nie en hy verstaan nie my “ek wonder” tye nie. Hy is ‘n ingeneur, so in sy wereld beteken “ek wonder” dalkies net dat iets ontplof.  Alles is swart en wit. Nou dat daar kindertjies bygekom het, is hy stadig, let wel s-t-a-d-i-g besig om te besef daar is grys stukkies ook.

Maar ek moet byse alles word uitgewerk en hy probeer baie hard dat grys net-net kop uitsteek, grys word net toegelaat as dit regtig egtig nie anders kan nie.

Nee regtig. Hy kan nou nog nie verstaan hoekom kinders tantrums gooi nie. Volgens hom is dit onanvaarbaar en die enigste antwoord is: dis die MA se skuld. Daar is geen manier hoe hy net die tantrum sy gang laat loop, uit stap en terug kom as alles verby is nie. O nee. Daar moet ‘n rede vir hierdie reaksie wees. Ek bedoel hoe kan ‘n kind net van ”nice and happy” to ”wild and uncontrolable” gaan. Dis nie moontlik nie.

So, nes ‘n goeie ingeneur betaam doen hy berekening. En soos ek reeds gese het meeste kere is ek die rede. Ek het hulle te veel laat slaap, ek het hulle te veel voor bedtyd laat giggel, ek het hulle te veel suiker gegee, ek het te hard met hulle gepraat, blah blah blah. Sy gunsteling woorde is ” you must be doing something wrong, this never happens when I look after them”.

Dit is baie erg in ‘n ingeneur se wereld “not to be in control of the situation” Hy sit nou die naweek en om werk. Bladsye en bladsye le voor hom oop gesprei. 2Wat doen jy” moes ek vra.  Wel verduidelik hy my. Hy en die res van die span moes ‘n “if this happens then we do this, if we don’t then this is going to happen” uitwerk. So het hulle omtrent vir elke denkbare probleem wat kan gebeur ‘n oplossing en doen dit nie reaksie uitgewerk.

Toe gebeur dit, sonder enige waarskuwing, geen “if this happens, then you must do this” lysie nie, geen watse maatreels moet getref word dat ons die situasie so gou as moontlik onder beheer moet kry is in plek nie. Nee. Want manlief was so seker van homself hy het skoon vergeet dat grys toeslaan wanneer hy wil. Jr gaan aan die skreeu. Maar regtig vol bors, arms swaai, kop draai, oe rol, die spoeg spat en daar is geen teken van trane nie. Nou kom ek se jou bietjie Mnr Ingeneur. Jy kan nog keer as hy begin skreeu, jy kan hom nog vashou al skop hy erger as ‘n perd en byt hy seerder as ‘n krokedil maar jy staan GEEN KANS as daar nie trane is nie. Geen trane beteken “run and take cover”. Maar natuurlik het ek nooit daai brokkie inligting met hom gedeel nie. Hy probeer alles, letterlik alles maar seun gil en skreeu, rol en tol. En ek….  Ek staan en loer uit die kombuis uit. En wonder vir wie of wat hy nou die skuld  gaan gee?

Om terug te kom by vannaand se wonder. Ek wonder hoe dit moontlik is om iemand so lief te he al verskil julle soos dag en nag. Is dit moontlik? Want glo my daar was al baie dae (meer die afgelope ruk) wat ek gewonder het of ek nie net moet oppak en loop nie maar dan wonder ek of hy al ooit  dieselfde gewonder het en of  hy maar te bly is ek wonder so baie en doen nie veel daaraan nie want net nou net nou blaas ek die huis op?

NS: Indien jy dalk gewonder het, ek het weer die skuld gekry want sien dit was half 6, hulle badtyd, en ek mos vroeer die kos in die oond gesit het. Sy persiese woorde ”This could have been avoided if you had stuck to the plan. So please remember for next time okay”? 

Older Posts »