Ek mis my sussie vandag weer meer as die gereelde mis. Dit het seker ook te doen met die feit dat dit gister my verjaarsdag was en dit was die die tweede een in ‘n ry waar sy by was om saam met my ‘n koppie tee en ‘n snytjie koek te eet nie. Laas jaar was ons oor die waters en hierdie is sy. Ek is so lief vir haar.
En as ek nou terug dink aan die dae net na haar geboorte was sy beslis nie my favourite persoon of pap pink dingetjie nie. Ek was sewe toe sy haar verskyning gemaak het. En ek het glad nie daarvan gehou dat sy ewe skielik al die aandag moet kry nie. Ek moet leer om sagter te praat, leer om te wag (nie nou nie mamma moet gou eers vir J bad, voer, aantrek)
Soos die jare aangestap het, het dinge beslis nie makliker geraak nie, my sussie was ‘n klein grootmensie. Een met breins en attitude (and lots of it).Sy het persies geweet hoe om mens te laat dans na haar pypies, my pa het haar aanbid (doen nogsteeds) en my ma was so bly sy is glad nie soos ek nie (ek was blykbaar erger as erg) sy en my boetie was 9 jaar uit mekaar so vir hom het sy nie regtig bestaan nie.
Sy het in Sub A (Graad 1) by die huis gekom en gese sy soek eierboksies. Okay se my ma, ek sal dit gaan kry. Nee se sy sy soek die eierboksies NOU. My ma probeer uit te vind vir wanneer sy dit nodig het. Nou bly sy se. toe figure moeder sy bedoel seker sy moet dit nou he om more skool toe te vat. Ek kom die volgende middag by die huis en my ma roep my. Jy weet die eierboksies wat sy vanoggend moes skool toe vat. (Natuurlik, ek was die een wat in die middel van die nag by Spar moes uitklim om 12 eiers te gaan koop.) Sy het dit eers oor 3 weke nodig antwoord my ma. En dit was die dag wat ons besef het my sussie sal berge versit om te kry wat sy wil he. Sy het ‘n wil van haar eie en she doesn’t take any prisoners. As ek nou terug dink moes ons geweet het die enetjie is anders want op 5 hou hulle ‘n wat ek gaan word as ek groot is dag,. Sy het as ‘n regter gegaan.
Die eendag toe sy 10 jaar oud was weier sy eenvoudig om langer in my ma se klein geel 323 Mazdatjie opgelaai te word. Wel dis dit of jy stap se my ma. Sy het net te lank vir my gedink en ek was seker daarvan sy gaan se sy stap van nou af. Nee se sy as dit dan nie anders kan nie, moet my ma om die draai van die skool parkeer. Gelukkig vir haar het my pa nie lank daarna vir my ma ‘n nuwe kar gekoop. Ek wonder skielik of dit vir my ma was of vir liefste sussie wat dan weer haar kop hoog kon hou as sy by die skool gehaal word?
Anyway ons raak almal groot, ek het later besef sy is meer as net die pink pap klein dingetjie wat jare gelede my spotlight kom steel het. Sy is vandag my beste vriendin, die enigste een wat my moods verstaan, wat my reguit in die oe kan kyk en se “laat staan jou bollies, jy het niemand behalwe jouself om te blame nie, of “ek kan nie glo jy wil he ek moet jou kan kies as dit duidelik jou skuld was nie” (as ek en manlief fight) of my gunsteling “ruk jouself f&%$$ reg” Dit word net in uiterste gevalle gebruik, soos sy eenkeer gese het ”as niks anders werk nie”.
Ek mis jou sus, ek mis ons tee drink al is dit bloedig warm buite, ek mis jou na werk stop oppad huistoe net om vinnig hallo te se maar dan raak dit langer en later raak jy op ons bank aan die slaap. Ek mis jou “wat het jy wat lekker is” roep terwyl jy deur my kombuis kaste krap.
Dis nou tyd dat jy huistoe kom. Asb.
,//

1 comment
Comments feed for this article
Maart 5, 2008 at 2:41 nm
netjane
Ek’s amper by die huis! Ek verlang vreeslik na jou ook!