Ek het nooit in my lewe gedink ek sal sing en dans as ek my jongste gaan oplaai en hy het nogsteeds dieselfde broek aan wat ek vanoggend vir hom aangetrek het nie. Ek het nooit gedink ek sal my ma bel en se ” ma raai wat ek het wonderlike nuus, die oudste het na maande se gesukkel uiteindelik in die toilet ge no 2 ( my ma se antwoord – moet jy dit nou met my deel – ek glo dis beter as die reaksie wat ek seker by my sus sou kry – haar antwoord op enige iets wat met die twee otterjassies te doen het is “neuk hulle net man”) Manlief kom by die huis en vra hoe was my dag. Ek lag hardop en draai in die ronde. “Looks like you had a great day, what did you do” “Nie ek nie, die seuns. Jy sal dit nie glo nie maar jr’jrtjie het nie ‘n glipsie by die skool gehad nie en jr het in die toilet te no 2″ My man loop kamer toe en se net “oh”. “oh” dog ek. Hy kla al maande dat ek iets aan die oudste se fobie vir no 2 in die toilet moet doen en dat die jongste een reg is vir pottytraining. Uiteindelik word daar vordering gemaak en al wat hy se is “OH”.
Skielik tref dit my. Ek raak opgewonde oor my kinders se nommer een en twees? Is dit wat motherhood aan my gedoen het? Ek kan aan niks anders dink wat my vandag laat op en af spring het nie dink ek hartseer.
Dit was gister. Vanoggend wat ek reg vir vandag. Ek het gaan tee drink by ‘n liewe vriendin en ek was vas oortuig ons gaan die wereld se probleme oplos, oor ons land se ekonomie praat, okay wat weet ons van die land se ekonomie maar ons kan miskien dalk selfs Egoli notas uitruil. Ek is so opgewonde oor die oggend wat gevul gaan wees met Grootmens praat dat ek al die pad na haar toe hardop saam met Jacaranda sing. Sy kom deur toe ons het skaars gesit toe sy haar hande opgewonde klap en se raai wat my meisiekind het besluit sy wil nie meer ‘n nappy he nie”. “Kan jy glo” se sy vir die 2de keer. “sy gaan tot al self badkamer toe”. Ek smile en se hoe bly ek is, besluit om nie my no 1 en 2 stories te deel nie want mens “pee” (no punn intended) nie op ’n mede mamma se parade nie. Ons praat en praat alles mamma goed. Ons praat oor dissipline, wat werk en wat nie, oor snot neuse en kinders wat nie wil eet nie. Teen die einde wens ek net vir een of twee groot mens topics.
Ek kom vanmiddag moeg by die huis. Skielik lui die telefoon. Nog ‘n vriendin. “I need your advice please” Jippe iemand dink wat ek se sal dalk ‘n verskil maak. Iemand dink ek kan dalk antwoorde he. Antwoorde op belangrike goed. Antwoorde wat haar dalk kan help om ‘n belangrike besluit te neem. Grootmens besluite. Grootmens goed. Ek is nou al so opgewonde ek sukkel om te antwoord. ” Go ahead” se ek uiteindelik.
“Well I was wondering if you have any idea why my four year old don’t want to poo in the toilet”

4 comments
Comments feed for this article
Maart 13, 2008 at 6:09 nm
netjane
Lekker lag ek nou. En ek sê darem nie vir ALLES “neuk hulle” nie. Wat sal die mense van my dink!?
Blog is ‘n grootmens ding… (ek dink)
Maart 13, 2008 at 7:41 nm
sommergoed
Jy is reg Blog is ‘n grootmens ding (ek gaan maak of ek nie die ek dink gesien het nie) En ja jy is nie net die neuk hulle tannie nie, jy is eindelik ‘n baie goeie tannie. Die otterjassies wag in spanning vir jou terugkeer!
Maart 14, 2008 at 12:30 nm
wag-ʼn-bietjie
Jy het my nou ‘n hele paar jaar teruggeneem. Dis soos gister wat ek ook so gevoel het. Voor jy weet is dit ook vir altyd verby. Al wat jy nou kan doen is om elke oomblik te geniet!
Maart 14, 2008 at 5:51 nm
sonkind
Toemaar, voor jy jou oë uitvee het jy jou grootmenswêreld terug en dink hulle hulle is nog slimmer en groter as jy. Dan begin die sports eers!
Sterkte en geniet dit terwyl jy kan. Die ou mense het altyd gesê jou probleme begin eers die dag as jy nie al jou kinders meer onder een kombers kan toemaak nie!