Na amper 4 jaar het ek my man uiteindelik oortuig dis tyd om n ander huis te soek. Glo my met hierdie twee woelwaters het die plek (wat sommige mense alreeds plekkie noem) net te klein geraak.  Ek gaan wel so bietjie sad wees as ons die dag die deur agter ons toetrek want vir ‘n townhouse het hierdie plekkie ‘n ENORME hoofslaapkamer. Nee genuine. Dis groot. Maar omdat ek en manlief nie ‘n TV in die kamer wou he nie het ons actually baie spasie gemors. Mens kan met gemak ‘n klein TV kamertjie hier inpas en dalk nog ‘n ekstra enkelbed ook.  Ek het al die jare die kamer for granted gevat. Tot ek onlangs begin townhouse en selfs huise kyk. My maggies party plekke se hoofslaapkamers kan 2 keer in myne inpas.

Maar ongelukkig is ‘n groot hoofslaapkamer nie ‘n goeie genoeg rede om aan te bly nie. Dit het natuurllik sy nadele ook want die seuntjies dink dis hulle kamer. Ek het nou die dag omgeval van skok toe ek instap en hier ry my jongste met sy swart motorfietsie heen en weer oor die mat. Gelukkig vir hom het hy vinnig besef ma dink nie dis baie snaaks nie want die volgende minuut tel hy sy fietsie op en vlieg omtrent by die trappe af. 

Ek hoop die volgende mense waardeer die hoofslaapkamer meer as wat ons het. Hoop hulle gebruik die spasie reg. Miskien gaan hulle ‘n klein tvkamertjie in die een hoek sit bed in die ander en erens in middel ‘n “track” vir hulle seuntjie se swart motorfietsie. “Who knows”