Ek sien my sussie het my ‘n week gelede “getag” om my “when harry met sally” storie te vertel. Eerste ding wat ek net vir julle wil se. My sussie het een van die oulikste “when harry met sally” stories dink julle nie so nie. En tweedens myne is nie naastenby so oulik en cute nie maar nou ja ‘n tag is seker ‘n tag – of mag ‘n mens ‘n boete betaal en ‘n tag vryspring?
Picture this (en ek is seker daarvan meeste van julle kan) Dis ‘n Saterdagoggend na ‘n ROWWE Vrydagaand (een of ander pel het ‘n verhoging gekry,’n vriendin het verjaar, iemand se boetie het pa geword, ek kan nie eens onthou nie)
In elk geval “it was the afternoon, after the night before” en ek en my goeie vriendin house-sit weer my ouers se huis. Al wat ek kan onthou is my vriendin wat my wakker skud met ‘n glas water in die een hand en ‘n Panado in die ander. “Staan op” beveel sy my. As ek genoeg krag gehad het, het ek nie net omgestaan nie maar haar sommer omgestamp ook. Al wat ek uitkry is “nooit weer nie”. “Ja ja, persies wat jy 2 weke terug gese het” antwoord sy. “Toe komaan, dis amper 2 uur en ons moet gaan braai”. “Los my net hier” kreun ek terwyl ek my duvet oor my kop trek.
Dit was ‘n groot storie – die braai waarna ons toe oppad was. Ek persoonlik het lank en hard help reel. Ons het besluit om ‘n singles braai te hou. Almal van die vriendekring moes iemand nooi wat single was en wie die ander nie ken of juis ken nie. Come to think of it – wie ek ek genooi? In elk geval so soos ek reeds gese het dit was nie jou gewone Saterdagmiddag braai nie, wie weet, jy kon dalk jou aanstaande “partner” ontmoet.
Ek wou nog ‘n uiltjie oppad na ons vriendin toe knip, maar net toe ek my oe toemaak hoor ek hoe sy oor die interkom ons koms aankonding. “ek sien nie kans nie” se ek toe sy uitklim. “Ek is moeg verby, kan ek nie net so rukkie hier le en dan kom roep jy my later nie” smeek ek maar ek weet reeds wat die antwoord gaan wees. Sy ruk my deur oop en beveel my om uit te klim. Dis toe dat sy na haar asem snak. “Kyk hoe lyk jou hare” “Wat is verkeerd met my hare” vra ek terwyl ek benoud daaraan vat. “Nee man, nie voor nie, agter. Dit is een koekspul” Hel toe tref dit my, ek was in die proses om my hare te was maar toe ek die sjampoo wou gebruik kon ek dit nie kry nie, toe klim ek uit en borsel my hare om te sien of dit baie sleg so sonder die was gaan lyk, obviously het dit nie, maar obviously het ek ook vergeet om die agterkant van my kop te kam!!! “Shit ons beter probeer red” se my pel en sleep my in ons gasvrou se kamer in. Ons kry uiteindelik ‘n borsel maar my sy het nog nie eens behoorlik geborsel nie toe gaan ek aan die gil. (O dis seker nou ‘n goeie tyd om julle van my famous hare te vertel, daai tyd was dit lank en ek het so baie krulle gehad mense het my keer op keer gevra of ek dit “perm”?) Verstaan julle nou wat my pel met “koekspul” bedoel het? Intussen loop ‘n dierbare vriend van ons in gee my hare een kyk en stop ‘n glasie in my hand. “I think you need this more than I do” Ek wil nog protest maar my vriendin gee nog ‘n trek aan my hare en ek sluk daai glasie amper heel in. Dit voel of my binnekant aan die brand is maar niks kom by die hare kam pyn nie. Na die derde of so probeerslag en meer glasies, wat ek nou weet mampoer is, gee ons op.Dis ver van reg lyk maar dis darem beter as toe jy net hier aangekom het” se my pel. “In elk geval dis dit of die hele aand in die kamer bly”. As ek nou daaraan dink, sou ek seker die tweede opsie gekies het as ek nie al klaar n paar glasies mampoer ingehad het nie. Hulle se mos “booze gives you courage”. Gelukkig was ons so lank doenig dit is al laat middag was. Ek reken toe oor ‘n uur of so is dit donker en wie gaan dan my hare sien. En ek begin te kuier. Ontmoet die nicest mansmense. En dis so lekker om te weet, everybody is available. Ek is nog so besig om een outjie se sakhorlosie te bewonder (please don’t ask) toe ek iemand hoor se “my maggies hoe gaan dit”. Ek kyk op en al wat ek sien, is die mooiste blonde hare. Okay so die hele “amper donker niemand gaan my hare sien storie”, was duidelik iets wat ek in my dronkenskap vir myself bly se het. En die eerste ding wat in my kop opkom is, ek moet aan sy hare gaan vat. Genuine. Kan julle glo. Waar het julle al gehoor van iemand wat oorval word met ‘n begeerte om aan ‘n wildvreemde man se hare te vat? Sy hare was sag, sag, sy gesigsuitdrukking iets tussen skok en verbasing -duidelik was ek die eerste vreemdeling wat ooit aan sy hare gevat het en sy stem – sjoe na 9 jaar gee sy stem my nogsteeds hoendervleis. Ek onthou toe ek aan sy hare vat en hy oor die skok kom, hoe hy na my toe draai en se “now its my turn”. En hoe hy versigtig aan myne gevat het. Dankie tog die voorkant het kick arse gelyk. My krulle het mooi oor my wange gehang.
Wel that’s it. Love at first sight vir my beslis. Sy hare het my voete onder my uitgeslaan. Paar jaar terug vra ek hom eendag “so what did you think of me the first time you saw me.” Ek kan sien hy wil nie regtig antwoord. “Come on, tell me.” “Are you sure” vra hy versigtig. “Yes i am”.
Well the first thing i thought when i saw you was “geez i wonder if she brushed her hair today?”

15 comments
Comments feed for this article
Junie 18, 2008 at 3:38 nm
netjane
Ek kan nie glo swaertjie het jou toegelaat om aan sy hare te vat nie! Ek gaan dit probeer as ek weer terug is…
Junie 19, 2008 at 1:58 nm
neykie
Junie 19, 2008 at 3:19 nm
boendoe
Ek dink dis ‘n heel oulike love story!
Junie 19, 2008 at 7:22 nm
Pikkelik
Dit is so sweet en glo my ek ken daai lang krul hare storie!!! Julle moes my sien toe ek jonger was!!! Ek wonder nou net, het jy vandag hare gekam???
Netjane – Jis, maar jy is ‘n malkop moeilike sussie. Bly jy issie myne nie!
Junie 20, 2008 at 7:43 nm
Emil
Mooi storie.
Junie 22, 2008 at 5:42 nm
Sonkind
Pragtig! Ek het ook sulke wil-van-hul-eie hare. As ek die dag niks gepla is met hulle nie, lyk hulle pragtig. Maar dat ek nou net PROBEER om hulle te laat mooi lyk, sal die dag wees wat hulle besluit om die hel in hulle te he!
Junie 22, 2008 at 9:11 nm
Wipneus!
Ek dink ook dis ‘n mooi love story!!
Ek het nie eers geweet jy is NJ se sussie nie
Agter-os kom ook eventually in die kraal
Junie 22, 2008 at 9:27 nm
netjane
Daar’s nog ‘n boetie ook Wip, maar hy blog nie.
Junie 22, 2008 at 10:57 nm
TristonJ
Whahaha… lekker oorvertel storie daai! Heerlik om hier te kom inloer… ek maak gou weer so!
Julie 9, 2008 at 12:17 nm
Pikkelik
WAAAAAAAT!!!!!!!!
Ek moes nou my pad oopveg deur die spinnerakke en stof!!! Halloooooo Pippie!!! Iemand hier binne????
Julie 9, 2008 at 10:41 nm
netjane
Ek raas net so met haar Pikkie, maar hoor is verdomp!
Julie 27, 2008 at 6:06 nm
Da Mario
So hoe gaan dit met sussie? Blog julle nie meer nie?
Augustus 20, 2008 at 9:38 vm
jana
baie oulik!
Augustus 29, 2008 at 10:14 vm
Nelba
Man, ek geniet jou stories. Nog. Nog, asseblief?
September 2, 2008 at 9:15 vm
Nelba
http://windpompevygies.wordpress.com/2008/09/02/ek-smaak-dit/