<!– @page { size: 21cm 29.7cm; margin: 2cm } P { margin-bottom: 0.21cm } –>
Sussie raas.Maar toe hou sy op. En as Sussie ophou raas beteken dit een ding “sy gee nou moed op met jou” En net so tussen ons: Ek haat dit om mense terleur te stel, veral mense wat net raas omdat hulle lief is vir my en net die beste vir my wil he.
Sussie raas al van ek kan onthou met my. Dis soms moeilik om te glo dat ek eindelik die een is wat moet raas siende dat daar ‘n netjiese 7 jaar tussen ons ouerdomme le. Nie dat dit haar nou, more of oor 20 jaar gaan afskrik of liefs afsit nie. Volgends haar is sy in beheer van “raas” en basta met die res.
Ek onthou die eerste keer toe sy begin raas het. Ek dink nie sy was ouer as 6 toe sy een middag skielik in my oor gil “sit die telefoon neer, mamma se sit dit nou dadelik neer” Ek weet nie wie was meer verbaas nie, ek of die vriendin aan die ander kant. Ek wou nog iets se toe antwoord sy alreeds “ek gaan nie die telefoon neersit as jy nie nou tata vir Louise se nie” Ek kon in haar stem hoor “she means business” Nes ek dit tot vandag toe kan hoor.
Die trane het gerol toe ek uiteindelik na ‘n paar maande in die Middel Ooste ADSL gekry het en ek haar al die pad van SA hoor “raas” “F*& man, sussie, dis nou genoeg kry jou gat in rat, bel ‘n taxi en kom uit die woonstel uit” voor ek nog iets kan se antwoord sy (soos gewoonlik) skielik ”Ek wil nie hoor van dis te warm of te dit of te dat nie, ek se nou vir jou dis wat jy gaan doen en klaar. Verstaan ons mekaar”.
My hart was stukkend toe ons net in sonnig SA land en sy aankondig “ons vlieg begin Mei Swede toe vir ‘n jaar” “Nee F*& man moet jy nou nie gaan staan en huil nie” “Dis nie die einde van die wereld nie”
Dit was amper vir my die einde van die wereld. Ek het sommer party dae verby haar lee huisie gaan ry net om seker te maak dis darem nog daar. Een van my erg “ek mis my sussie” oomblikke was toe ek een oggend net na ek die otterjassie by die skool gaan aflaai het, in sussie se driveway gaan sit het en my oe uitgejank het. Ek het net gehuil en gehuil. En skielik hoor ek haar langs my “raas” “wat de F*&^ doen jy, ruk jouself reg man dis nie die einde van die wereld nie”
Maar die hardste wat sy nog met my geraas het, wel dit sal ek vir altyd onthou want ek glo vandag as dit nie vir haar geraas was nie…..
Ek moes laas Oktober hospitaal toe om ‘n “breuk” te herstel. Ek onthou toe hulle my in die teater instoot hoe ek opgekyk het en vir die verpleegster gese het “sien jou in ‘n half uur” waarop sy gese het “halfuur, maak dit liefs 45 minute” Wel 45 minute was amper 4 dae later. My longe het platgeval op die operasie tafel. Ek het wakker geword met honderde pypies in my lyf en ‘n pyp in my keel met my man wat langs my sit terwyl die trane oor sy wange loop. En al wat ek kan onthou is my ouma wat bly se het “my kind jy kan nie dood gaan nie en my sussie.Dit was so asof sy op ‘n skerm voor my was. Toe ek bykom bel sy my uit Swede uit. “Sussie se ek vir haar jy sal nie glo wat gebeur het nie” Sy bly lank stil voor sy antwoord “Ek het die hele nag wakker gebly toe ek gehoor het jy het ophou asem haal, vra maar vir P. Die hele nag en ek het elke 15 minute vir jou bly se haal asem haal net asem”
Ek wou lag maar my keel was nog te seer van die pyp want “ek het vir jou bly se” was beslis nie wat ek gehoor het nie Ek het haar “raas” gehoor en teen die tyd weet ek mos al “she means business”
Dankie Sussie. Dankie dat jy my selfs van ander kant af kon terug raas!
En sien jou rasery oor ek wat nie blog het, het toe ‘n blog op sy eie geword.

11 comments
Comments feed for this article
September 15, 2008 at 10:13 nm
Wipneus!
Jy is baie gelukkig om so raserige sussie te hê!
Ek is ook so raserig, maar dis gewoonlik net omdat ek baie lief is vir my mense, en ek wil hê dinge moet perfek loop in ons lewens. Dit gebeur veral as mens ‘n perfeksionis is. Jy raas sommer byvoorbaat! he he
Ek wonder of sussie ook so raas met die trou reëlings?
September 16, 2008 at 8:05 vm
sommergoed
HA HA hoe lekker laat jy my nou lag Wipneus. Sussie se raas is uit by die deur. Ma se “doen dit so of anders” kyk is aan die wen daar onder in die Oos Kaap!
September 16, 2008 at 10:10 vm
Wipneus!
Pippie ek wens ek is ‘n vlieg teen die muur om te sien hoe dit met daardie reëlings gaan!!!
Ek lees sy raas alweer en noem die Oos Kaap sommer Oos-Slaap!! whahaha Daar is net een Janie!!!
Sy gaan met ons “raas” oor ons so lekker hier spot oor die raseringe sussie
Maar ek is bly die raas is uit by die deur!!!
September 16, 2008 at 10:13 vm
Nelba
Jy is seker ons is nie dalk familie nie? My sussie (6 jaar verskil tussen ons ten spyt) kan net so met my raas. En ek is dapper genoeg om dit te noem bloot omdat ek weet sy lees nie my blog nie en daar is geen manier wat sy my hier kan opspoor nie…
September 16, 2008 at 6:36 nm
Wipneus!
Nelba whahahaha jy is bang vir haar nê
September 18, 2008 at 8:18 vm
netjane
Hey! Watch it! Ek raas sommer gou-gou weer!
September 18, 2008 at 11:13 vm
boendoe
Ek is bly jy is weer met ons!
Die storie het my sommer tranerig gemaak. In ons familie is ek ook die raserige een, maar ek dink nie almal kyk met soveel liefde na my soos jy na jou sus nie!
September 19, 2008 at 11:16 nm
Sonkind
Ja-nee Boendoe, ek vee ook my oë af. Hierdie is die coolste post – dit laat my sommer verlang na my eie sussie. Gelukkig is sy nie te ver nie
Oktober 4, 2008 at 9:25 vm
Pikkelik
Ek sit ook en tjank, al is ek amper ‘n maand laat!!! Janetjie RAAAAAS nog, sy willie hoorie!!!!
Oktober 4, 2008 at 12:08 nm
wipneus
Geniet die troue van raserige sussie!!
Oktober 13, 2008 at 8:14 nm
Pikkelik
En ek wag en wag vir die troustorie…. Oi-joi-joi!!!