Maar sy moes natuurlik eers met haar goeie ou nice sussie raas. En het sy geraas. Ek het die trappe afgevlieg (hoe ek nie my enkel in die proses geswig of gebreek het nie weet niemand) verby my ma gehardloop en net toe ek die laaste van die 10 trappies straat toe af is draai ek om en skreeu “en ek kom ook nie na haar f*&* troue toe nie” Arme ma wou nog keer, nie net om my te kalmeer nie maar ook om my stil te kry want dis ‘n klein dorpie en al wat sy nou nog nodig het is mense wat Saterdag oggend  koffie drink en se “weet een van julle wie vroegoggend so gegil en geskreeu het in die straat?” “ek het gehoor dit was die jongste dogter se  troudag, miskien was dit sy wat besluit het sy gaan nie meer voort nie” “sjoe dit sal nou ‘n ding wees, ek het gehoor haar ma het soveel moeite gedoen”.  Anyway ma was nie betyds nie en daar was ook nie ‘n manier dat sy met haar slaappakkie agter my aan gaan hardloop nie, so toe loop ek maar weer terug na die plekkie waar ons opgesit is vir die troue en huil dat die spoeg spat.

Hoe moes ek nou weet, as jy al klaar nie baie van mense hou nie, jou kitchentea die vorige aand ‘n flop was omdat daar juis net te veel mense was en jy verby moeg was omdat jy al van vroeg oggend tafels help dek en blomme probeer rondskuif, jy al klaar huilerig begin voel het 2 weke terug maar alles mooi bymekaar probeer hou het “because I don’t do hysterical”, die laaste ding jy wil he is jou sussie wat kwart voor 6 voor jou bed staan, all smiles (wat ek raak goed wakker, goed ongelukkig nie mooi ) en jou probeer vertel wat jy alles die vorige aand gemis het, en hoe vandag die begin van iets wonderliks saam met jou nuwe man gaan wees, en hoe mooi jy gaan lyk en hoe dit na 4 dae van storms (wind en 2 dae reen) ‘n lieflike wolklose dag is nie goed gaan afgaan nie. Ek kan myself net voorstel hoe sommige van julle nou se “moet net nie se jy het dit gedoen nie, wat is fout met jou” of “kan jy nie vir jouself dink nie” of “jy kan bly wees sy het nie agter jou aangeskreeu “bly weg van my troue af nie”

So gagga soos die dag begin het so mooi het dit geeindig. Sy het nie gejok toe sy in haar blog geskryf het dat alles perferk was, sy met die beste man nog getroud is en dat sy stunning gelyk het nie. Ek jeuk om vir julle net een ou fototjie te wys of miskien 2 okay nie meer as 4 nie, maar ek dink nie sy gaan baie lief wees vir my as ek haar limelight steel nie. So julle sal seker moet wag vir wanneer sy van Japan af terugkeer.

Ek gaan nog vertel maar as ek nie nou afsluit nie skryf en skryf ek so dat niemand ooit hierdie lang post gaan lees nie.