Ek het nog ‘n kuier oorleef, die tweede een in minder as ‘n maand. Ek het myself baie goed gedra en wou net eenkeer ‘n waatlemoen op haar kop stukkend slaan, nee wag maak dit twee keer. Maar wie tel nou?  Okay so ek tel, ek tel elke liewe keer as sy die houtstok dieper in my hart steek en ek myself in toon kon hou. Ek onthou alles wat sy gese het om ‘n reaksie uit my te kry en hoe ek kon wegstap (natuurlik het ek wegstap, my kop in my klerekas gaan steek en woorde gebruik wat in seker lande verban is, maar gelukkig het ek nie WEER my humeur verloor nie)

Teen die tyd mos julle al aflei van wie ek praat. Daar kan net een persoon in die wereld wees wat ‘n baie nice vroutjie in ‘n monster kan laat verander en as jy PMS in die mix gooi dan kry jy ‘n baie nice vroutjie wat in ‘n monster verander en moord kan of wil pleeg.

Ek het eendag vir sussie gevra of die regter my sal jammer kry as ek iets onverantwoordeliks aanvang en dit  op PMS blame. Ek kan nie onthou wat sussie gese het nie maar duidelik sou PMS my nie ver gekry het nie ander het ek lankal die iets onverantwoordeliks aangevang.

Skoonma. Op die oog af lyk sy so mak soos ‘n lammetjie,soos jou tipiese ouma tipe. Selfs die gryshare om die prentjie af te rond. As jy haar die eerste keer ontmoet sal jy dink sy is ‘n great ouma veral as sy jou begin vertel dat sy spesiaal Jhb toe gevlieg het om haar oudste kleinkind se verjaarsdag koek te bak (en as jy wonder ja sy het spesiaal opgevlieg vir die jongste een se verjaarsdag ook – maar hierdie jaar ek ‘n koek bestel want granny se barney koek op sy tweede verjaarsdag was wel… ) jy sal dink dit moet great wees om ‘n skoonma te he wat help party packs pak, wat jou kinders bad, wat saam met hulle blokkies bou en karretjies speel. Wat spesiaal ‘n net om haar swembad laat sit het toe sy hoor die kleinkinders kom kyk hoe lyk haar nuwe huis in die Kaap.  Komaan steek hande op, hoeveel van julle wil my skoonma he, hoeveel van julle kan nie glo ek wil ‘n waatlemoen nader sleep nie, ek is seker daarvan ‘n paar van julle dink “shame arme tannie, ek wonder of Pippielangkous nie a) ‘n skroef los het en haar terrible behandel nie of b) sy nie besig is om te oordryf nie, die tannie klink so nice, ek is seker sy bak nog koekies vir haar kleinkinders as sy kom kuier (dis nie regtig koekies nie, dis shortbread en sy bak dit vir haar seun. Dit en ‘n bottel homemade marmelade maar soos ek reeds gese het vir haar geliefde seun)

Ek kan nog aangaan. Kan julle vertel hoe sy saam met die seuns gaan stap, saam met hulle swem en roomys eet. Ek kan julle vertel hoe sy elke week by die Hospice winkel (sy is ‘n volunteer) deur die kinderboeke gaan en vir haar kleinseuns die mooiste kinderboeke koop, dit dan in ‘n groot bruin pakkie sit, saam met ‘n briefie vir elke kind en dit vir hulle pos. Hoe sy twee aande voor Kersfees vir my man gehelp het om die seuns se fietse(hul kersgesenke) aanmekaar te sit of elke aand terwyl sy hier gekuier het vir die oudste ‘n storie gelees het omdat hy mal oor boeke is.  O gaats sien wat het nou gebeur. ek was nou reg om vir julle te vertel hoe gagga sy my al in my lewe behandel het, hoeveel trane ek al gestort het, hoeveel keer ek vir sussie gebel het en sy my mos moed inpraat. Ek wou en wou en wou. Maar skielik besef ek toe.  Dit maak nie saak of sy van my hou nie, dit maak nie saak of ek ja en nee op die regte plekke moet se vir die res van my getroude lewe nie, niks van dit maak regtig saak nie.
Want sy het lewe gegee aan die een wat ek ontsettend lief het(wel sommige dae) en sy is so lief vir haar kleinseuns en sy is genuine ‘n goeie granny. Dit kon soveel anders gewees het.

Skoonma ons sal seker nooit eye to eye sien nie maar dankie vir wat jy vir my kinders doen en beteken. Al het ons, ons rusies en verskille het jy nog nooit anders teenoor my kinders opgetree nie. En daarvoor sal ek altyd dankbaar wees.

Mag 2009 ons dalkies ‘n treetjie nader bring (sonder ‘n waatlemoen in my hand)