Ek het vergeet om vir julle te se, ons het na maande se gesoek ons droomhuisie gekry. Wel dit was sussie wat die eendag daar verby gekry, die te koop bordjie gesien het, na my toe gedraai het en gese het “daar, daar is julle huis, bel die agent”. Dit was laat een Saterdagmiddag, die volgende oggend land ons by nog ‘n skouhuis. My moed sak weer in my skoene. Die beskrywing in die koerant het dan so mooi geklink. Ons wou net loop toe keer die agent ons voor. Die ou storie “what are you looking for, must it be in this area, price range” Ons gee weer al die details, ja dit moet in hierdie area wees en nee ons kan nie hoer as dit gaan nie. Die agent glimlag skielik en se “ek het die plek vir julle, dis bietjie uit julle prysklas (het ons nie nou net gese dis die hoogste wat ons kan gaan nie?) maar dis ‘n stunning plek. Ek smile en dink “die oomblik as ek vir haar gaan vra waar die huis is gaan ek haar bubble moet bars en se skuus man maar ek het daai huis al ‘n rukkie terug gesien” Ek vra in elk geval. Sy gee die adres en ouens dis net waar ek uitslaan in hoendervleis, ek draai na manlief toe en sien hoe sy hare ook wil wil rys. Kan dit wees, dink ek. Is dit dan dieselfde huis as wat sussie gister gese het …. Nee wag dis die verkeerde agent. Dit kan dan nie daai huis wees nie. Asof die agent my gedagtes lees se sy “ek het gister ‘n sole mandate met die ander agent gekry, ons twee werk nou saam aan die huis, so my bordjie is nog nie op nie maar ek sal of later vandmiddag of vroeg Maandagoggend gaan opsit”.
“When can we see it” vra manlief gretig. “can it possibly be today?” Die agent skud haar kop, die huismense le alma in die bed met griep maar sy sal hoor of Maandag hulle sal pas.
Maandag stap ons by die tuinpaadjie op, manlief draai na my toe en gooi sy duime in die lug! Ek smile en skud my kop op en af. Daai selfde middag sit ons ‘n offer in. Dis te laag. Manlief gaan maak weer sommetjies. Ek sien hoe my droomhuis verdwyn. Later kom hy uit die kamer gestap “we can do it, but that means there has to be a couple of changes, like no more…” Ek gee nie om nie, ek sal ophou vleis eet vir ‘n jaar, sal nie meer in woolies instap nie, ek sal ophou fliek en ophou uitgaan vir koffie, sal koebaai se vir McDonalds en Shooters pizza. Ek wil net daai huis he asb.
Okay if this is what you want, let see if they will accept this offer, but i am just warning you, we really cannot go any higer. So dont start celebrating yet”
Die agent bel terug “hulle het die offer aanvaar”. Ek gaan aan die gil, en gryp die telefoon. “Sussie ons het die huis, ons het dit” Sussie antwoord “ek is so bly, en net terlooops ek het die afstand van julle tot my ons gaan meet (wel sy was seker ons gaan die huis kry) ons bly persies 500 meter van julle af. Dit help
So toe trek ons die 8ste Desember in. Ek is mal oor my nuwe huis. Word nogsteeds elke oggend wakker met daai “ek kan nie glo dis ons huis nie” gevoel en die seuns is so gelukkig. Hulle spandeer meeste van hulle dae in die tuin.
Sien as Sussie raas of as Sussie praat wel dan luister mens. Want glo my Sussie weet dinge, goeters, stuff.
Dankie sussie

Ons nuwe huis

5 comments
Comments feed for this article
Januarie 4, 2009 at 2:41 nm
Wipneus!
Mmmmm pragtige plek!
Ek hoop julle gaan nog baie jare gelukkig in julle kasteel bly!
Ek is bly Sussie het hierdie juweeltjie vir jou uitgesnuffel! Nou bly jy so naby haar, as sy hard genoeg skreeu sal jy haar kan hoor!!! whahahaha (Dink jy nie, dit was dalk beplan nie!
Mooi bly!
Januarie 4, 2009 at 4:10 nm
netjane
Ek is bly julle het die huis gekry – as jy net ALTYD wil luister as ek praat!
@Wipneus: ek kan maar praat en praat en raas en raas – sussie het selective hearing. Luister net as dit haar pas. Party mense noem dit hardkoppigheid…
Januarie 5, 2009 at 8:28 vm
Nelba
Pragtig! Hoop julle gaan baie gelukkig daar wees.
Januarie 5, 2009 at 8:10 nm
sommergoed
Wipneus: Baie dankie man. Sussie dink aan trek (ek wonder of dit iets met die feit te doen het dat ek haar vinniger as vinnig kan nader hark as ek ‘n baby sitter nodig het!)
Nelba: Baie dankie man. Ek hoop ook so!
Netjane: skaam jou sussie. Ek hardkoppig! NEVER
Januarie 14, 2009 at 3:02 nm
rosalindfranklin
Hi daar, hier ek ontdek ek jou nou eers. Ek hou van die “look” van die huis.