Elke oggend vir die laaste week maak ek versigtig die agterdeur oop, kyk vinnig links en reg, op en af en hardloop dan soos ‘n mal besetende en gooi saad vir die voeltjies in die agterplaas uit. Voor ek by die agterdeur instorm kyk ek net gou weer om my rond. Mens kan nooit te seker wees nie. Dieselfde prosedure het gegeld toe ek die wasgoed moet gaan ophang, behalwe ek moes verby die watertenk loop (wat mens nie alles by die vorige inwonders “erf” as jy ‘n huis koop nie) so daar staan ek dan met ‘n mandjie vol nat wasgoed en voor ek ‘n tree verby die tenk kan gee moes ek eers die ding val alle kante af bekyk. Teen die tyd dat k uiteindelik by die wasgoedlyn uitkom is die wasgoed amper droog en ek het geen meer gevoel in my bo-arms nie. Toe dink ek maar ‘n ander roete uit. Manlief het natuurlik gevra “is dit regtig nodig dat jy die wasgoed deur die huis moet dra, veral deur die TV kamer? Ek het net mooi geglimlag en iets gemompel soos “dit is makliker” . Wat natuurlik ‘n leun is want nou sleep ek die wasgoed deur die kombuis, af by ‘n nare trappie tot in die TV kamer, dan deur ‘n klein sydeurtjie, as ek buite is moet ek oor ‘n kort muurtjie klim en dan ‘n stukkie grasperk voor ek uiteindelik die wasgoedlyn haal. Nie net is die wasgoed ook dan amper droog nie, my bo arms dood nie maar ek het dan sonsteek ook opgedoen.
Ek het nie vanoggend kans gesien vir die hele gryp ‘n hand vol saad, scan vinnig die omgewing, gooi neer en hardloop terug routine nie. Ek is genuine net te moeg. Maar ek kan ook nie glo dat hy bepaal of die voeltjies kos gaan kry en my wasgoed gehang gaan word nie.
Dis dalk tyd dat ek my agterplaas terugneem, tyd dat ek hom ‘n ding of twee vertel, tyd dat ek my vrees in die oe kyk. Dalkies met ‘n slukkie iets wat sterker as Oros is?
Ek sien sy klein evil gesiggie voor my, en ek is seker daarvan hy smile en beplan hoe om my oor die volgende paar dae finaal te laat crack.
Wie gaan wen? Watch this space

2 comments
Comments feed for this article
Januarie 7, 2009 at 11:16 vm
Wipneus!
Ek watch die space!!!
Vir wat en wie is jy so bang Pippie? Is dit dalk ‘n muis?
Januarie 8, 2009 at 8:48 vm
sommergoed
Ai Wipneus as dit maar ‘n muis was. Ek sien selfs kans vir ‘n rot op hierdie stadium van die geveg!