Ek voel so bietjie sleg. Vandat ek 3 dae terug geblog het, het ek nie weer die intruder gesien nie. Ek maak nogsteeds die agterdeur oop en kyk woes links en reg, op en af en maak gereed om te storm maar dis nie meer dieselfde nie. Want ek weet hy wag nie erens agter ‘n pilaar of langs ‘n muur vir my nie.
Nou voel ek skuldig. Se nou net iets het met hom gebeur? Se nou net hy was op die verkeerde plek op verkeerde tyd. Se nou hy le erens erg beseer, maar niemand hoor sy klein noodkreetjies nie. Se nou hy is siek. Se nou hy is …. dood. Wat?
Ja ja ek weet, 3 dae terug kon ek nie wag om oorlog te verklaar nie en nou treur ek oor die “enemy”. Maar ek het nooit gedink om hom skade aan te rig nie. Ek wou hom wys wie’s baas. Miskien my stem harder maak as ek skreeu, miskien hard terugstaar en hom laat vlug, miskien maak of hy nie bestaan nie en hy die hint vat en iemand anders gaan soek om te “harass”.
As ek nou wasgoedlyn toe stap (deur die agterplaas) kyk ek stadig rond of ek nie sy “lykie” erens gewaar nie, ek het myself vanoggend betrap dat ek goed begin optel en wegskuif net ingeval hy dalkies erens vassit en nie kan uitkom nie. Ek het dit sterk oorweeg om ‘n klein koppie water buite neer te sit maar toe besef hoe belaglik dit gaan lyk en hoe gaan ek dit aan my huismense verduidelik.
Waar is hy?
Mina my huishulp het dalkies die antwoord en hy is volgens Mina ‘n sy!
Vertel julle later!

6 comments
Comments feed for this article
Januarie 10, 2009 at 10:30 nm
maxie
Ai, jy het ‘n hart van goud.
Parktown Prawn, perhaps?
Die meeste ongediertes is skadeloos.
Hy (sy) is in ieder geval banger vir jou as jy vir hom.
Januarie 11, 2009 at 9:01 nm
netjane
R10 sê dis ‘n akkedis? Né? Maar jy’s net te skaam om te erken jy’s bang vir ‘n akkedis.
Januarie 14, 2009 at 10:16 vm
sommergoed
Se niks dan is daar niks!
Januarie 14, 2009 at 3:06 nm
rosalindfranklin
Huh? Is okay was jy bang is, regtig. Ek is bitter bang vir 1 ding in die diere-wereld, maar meeste van die tyd is hul skadeloos…
Januarie 14, 2009 at 7:26 nm
Wipneus!
‘n Akkedis?
Hoekom weet Mia van hom of haar? Is dit nie dalk ‘n tokkeloshi nie? whahahaha
En en Sussie sal hom kom verskreeu, roep ons net!!
Rosie wat is daai ding?
Januarie 14, 2009 at 7:27 nm
Wipneus!
Ag daar spel ek verkeerd nie Mia nie maar Mina die huishulp!