You are currently browsing the category archive for the '1' category.
<!– @page { size: 21cm 29.7cm; margin: 2cm } P { margin-bottom: 0.21cm } –>
Sussie raas.Maar toe hou sy op. En as Sussie ophou raas beteken dit een ding “sy gee nou moed op met jou” En net so tussen ons: Ek haat dit om mense terleur te stel, veral mense wat net raas omdat hulle lief is vir my en net die beste vir my wil he.
Sussie raas al van ek kan onthou met my. Dis soms moeilik om te glo dat ek eindelik die een is wat moet raas siende dat daar ‘n netjiese 7 jaar tussen ons ouerdomme le. Nie dat dit haar nou, more of oor 20 jaar gaan afskrik of liefs afsit nie. Volgends haar is sy in beheer van “raas” en basta met die res.
Ek onthou die eerste keer toe sy begin raas het. Ek dink nie sy was ouer as 6 toe sy een middag skielik in my oor gil “sit die telefoon neer, mamma se sit dit nou dadelik neer” Ek weet nie wie was meer verbaas nie, ek of die vriendin aan die ander kant. Ek wou nog iets se toe antwoord sy alreeds “ek gaan nie die telefoon neersit as jy nie nou tata vir Louise se nie” Ek kon in haar stem hoor “she means business” Nes ek dit tot vandag toe kan hoor.
Die trane het gerol toe ek uiteindelik na ‘n paar maande in die Middel Ooste ADSL gekry het en ek haar al die pad van SA hoor “raas” “F*& man, sussie, dis nou genoeg kry jou gat in rat, bel ‘n taxi en kom uit die woonstel uit” voor ek nog iets kan se antwoord sy (soos gewoonlik) skielik ”Ek wil nie hoor van dis te warm of te dit of te dat nie, ek se nou vir jou dis wat jy gaan doen en klaar. Verstaan ons mekaar”.
My hart was stukkend toe ons net in sonnig SA land en sy aankondig “ons vlieg begin Mei Swede toe vir ‘n jaar” “Nee F*& man moet jy nou nie gaan staan en huil nie” “Dis nie die einde van die wereld nie”
Dit was amper vir my die einde van die wereld. Ek het sommer party dae verby haar lee huisie gaan ry net om seker te maak dis darem nog daar. Een van my erg “ek mis my sussie” oomblikke was toe ek een oggend net na ek die otterjassie by die skool gaan aflaai het, in sussie se driveway gaan sit het en my oe uitgejank het. Ek het net gehuil en gehuil. En skielik hoor ek haar langs my “raas” “wat de F*&^ doen jy, ruk jouself reg man dis nie die einde van die wereld nie”
Maar die hardste wat sy nog met my geraas het, wel dit sal ek vir altyd onthou want ek glo vandag as dit nie vir haar geraas was nie…..
Ek moes laas Oktober hospitaal toe om ‘n “breuk” te herstel. Ek onthou toe hulle my in die teater instoot hoe ek opgekyk het en vir die verpleegster gese het “sien jou in ‘n half uur” waarop sy gese het “halfuur, maak dit liefs 45 minute” Wel 45 minute was amper 4 dae later. My longe het platgeval op die operasie tafel. Ek het wakker geword met honderde pypies in my lyf en ‘n pyp in my keel met my man wat langs my sit terwyl die trane oor sy wange loop. En al wat ek kan onthou is my ouma wat bly se het “my kind jy kan nie dood gaan nie en my sussie.Dit was so asof sy op ‘n skerm voor my was. Toe ek bykom bel sy my uit Swede uit. “Sussie se ek vir haar jy sal nie glo wat gebeur het nie” Sy bly lank stil voor sy antwoord “Ek het die hele nag wakker gebly toe ek gehoor het jy het ophou asem haal, vra maar vir P. Die hele nag en ek het elke 15 minute vir jou bly se haal asem haal net asem”
Ek wou lag maar my keel was nog te seer van die pyp want “ek het vir jou bly se” was beslis nie wat ek gehoor het nie Ek het haar “raas” gehoor en teen die tyd weet ek mos al “she means business”
Dankie Sussie. Dankie dat jy my selfs van ander kant af kon terug raas!
En sien jou rasery oor ek wat nie blog het, het toe ‘n blog op sy eie geword.
Sussie het gese ek moet ook ‘n hit uit my geboorte jaar post. So here goes. Ek dink dis vrek oulik man!
Julle dis om die draai, en ek le al van die begin Maart af wakker. Dis deesdae ‘n hele affere. Nie soos in ons dae nie. O nee. Vandag moet mens uithaal en wys anders lei jou arme kind tot hy die dag 21 raak. En as ek praat van groot affere dan bedoel ek groot. My jongste enetjie raak oor 2 weke 3. En soos ek gese het ek le al vir weke wakker.
Weet jule hoeveel druk word daar deesdae op ouers gesit om die perfekte verjaarsdagpartytjie te gee. Nee ek is erenstig. Ek weet van sommige mammas wat al ‘n paar maande voor hul rakker se verjaarsdag klaar op ‘n tema en koek besluit het. Een van my vriendinne koop al in Februarie maand goed vir die “pakkies” wat die kinders saam met hulle huistoe neem. En weet julle hoeveel rus op daai pakkie? Dit kan jou kind maak of breek se ek jou. Maak of breek.
Ek sidder sommer terwyl ek hier sit. Hoekom werk ek myself so op wonder julle seker. Wel hoe moeilik dit ook al is om te herken. Ek is ‘n partytjie virgin. Nee genuine. My “gooi ‘n kinderpartytjie soos min” kennis is baie baie beperk en ek hoef nog nooit vir enige iemand te impress het nie.
Met jr se eerste verjaarsdag trek ons letterlik ‘n week voor die tyd terug Johannesburg toe maar my pelle in Secunda bless them, is nogsteeds so oulik hulle reel ‘n hele partytjie vir hom. Al wat ek moes doen is om ‘n paar litres koeldrank saam te bring en natuurlik vir manlief te oortuig om vir die dag deur te ry Secunda toe.
Sy tweede partytjie is ‘n blank (nee genuine maar gelukkig weet almal alreeds na “Picture this” dat ek ‘n ma se agterend is) my vlooi, wat het op sy tweede verjaarsdag gebeur? waar was almal? ek bedoel my sussie mos seker hier (nee wag ek dink dis die Desember toe sy Indie ingevaar het- maar ek mag verkeerd wees. Hel as ek reg is gaan dit baie sleg lyk, Ek weet wat waar my sus met my kind se 2de verjaarsdag was maar waar ek en my gesin was is duister)
Sy derde word in die midde ooste gevier. Daar is ‘n partytjie maar mens kan dit net een noem omdat daar hierdie keer maatjies (2 myne en die ander twee seuntjies is bure bo en onder ons – ook van SA en my man se kollegas se vrouens) en ‘n koek is. My vlooi, die klein partytjie het selfs ‘n theme gehad. Dit was Cars. Die feit dat die verjaarsdagkoek uit verskillende snye koek bestaan het en die kinders nie hul monde daaraan gesit het – wel dis ander dag se skuldgevoelens)
Laas jaar is die kleuterskool al gesluit en omtrent elke maatjie is weg met vakansie (die help nie juis as jou verjaardag in Desember is nie ne?) Ek het wel ‘n koek en sweeties einde November skool toe gestuur. Ek het die koek hierdie keer self gebak maar my mens dit was erger as erg. Ek is nou nog dankbaar dat my sussie dit nie aanskou het nie want sy sou my tien teen een te lyf gegaan het. gelukkig is getroue Mina se kinders hier op die dag wat hy verjaar en ons breek die rekord saam met my twee is daar 4 ander maatjies (Jippee) Daar is ‘n koek ( nee ek weet nou koekbak is nie een van my sterker punte nie – boks of nie) sommer by Spar gekoop, ‘n paar sweeties en chippies op die tafel, almal sing Happy birthday, en jr is in sy element.
Jr’jrtjie se eerste word gelukkig in Maart gevier saam met die res van die Mums and Babes klassie. Hy is die laatlammetjie so hy vier meer as ‘n maand te vroeg fees. Gelukkig want 10 dae voor sy eerste verjaarsdag (sien julle ‘n patroon raak) land ons in die middel vd nag op Doha lughawe. Hoofstad van Qatar. Bure: Bahrain en Saudi. (dis ander tyd se stories ek kan wel se dankie tog dit was nag want as dit dag was het ek een kyk gegee en gese vark vir dit opgee – NO WAY!!) So toe vier ons vier maar jr’tjie se verjaarsdag by Applebee’s.
Sy tweede verjaarsdag is ons net terug van Doha af en daar is weer amper geen maatjies in sig. Gelukkig join ek toe weer die Mums and Tots (toe Babes) groepie en toe sy verjaarsdag kom vra ek sommer vir die “juffrou” of ek sy partytjie daar kan hou. My skoonma is hier en maak ‘n Barney uit die boks koek. Heiden julle daai koek was nie baie mooi nie dit was regtig terrible maar toe het ek mos nog nie geweet my poging 2 jaar later gaan erger as dit wees en lyk nie.). Ongelukkig vertel die juf nie vir die res van die klas nie so dit was seker die eerste verjaarsdagpartyjie in history wat die maatjies niks persente bring nie.( My goeie vriendin wat saam met my klas toe gegaan het, het sy persent daai oggend by die huis vergeet.)
So sien ek is ‘n Kinderpartytjie virgin. Ek word oor 2 weke verwag om nie net ‘n theme te he nie maar ook ‘n koek (nie van Spar of uit ‘n boks nie) Hierdie blerrie koek gaan my honderde rande uit die sak jaag. Dan is daar nog die venue. Dis die nuwe in ding. Maar ek moet ‘n venue gehad het want ons meenthuis se tuin is 3 grasbolle groot. Dan die entertainment. Gelukkig sluit die venue se huur gelukkig ‘n springkasteel ook in.Dan die eetgoed vir die ouers en kinders en die heel belangrikste die ding wat jou kind kan maak of breek. Daai boksie. Daai wag so bietjie ek weet dit het ‘n naam. Ja die PARTY PACK. Dis dit. Dan is dit die Party Pack. Een klein boksie wat kan bepaal of jou kind cool genoeg is om na ‘n volgende maatjie se partytjie toe uit genooi te word, maar wat ook jou kind se status( en natuurlik joune) bepaal (hoe groter, hoe duurder, hoe ryker)
Julle dis te erg. Ek is alreeds die enigste (REGTIG) enigste mamma wat met ‘n klein 13 honderd Wit Golfie ry, seker ook een van die min mammas wat nie hoe hakskoene en powerpakkies dra nie. En die ergste heel ergste. My virgin status moes uitgelek het. Daai uitnodiging is al laas week uitgestuur en niemand het nog ge rsvp nie. NIEMAND NIE.
Ek het altyd gedink ek gaan ‘n baie goeie ma wees. Ek het myself al gesien.O hoe het Sophia altyd in Golden Girls gese ”Picture this…”
My kinders is almal baie gelukkig en goed gemanierd, my man kan nie glo hoe ek ‘n huishouding kan “run” en vyf kinders kan grootmaak nie. Ek pak elke oggend die lekkerste kospakkies vir my liewe klein kindertjies skool toe en manlief ky net voor 7 sy ontbyt (spek, eiers en vrugtesap natuurlik wat dan anders?) Ek gaan laai hulle sonder enige probleme by die skool af en voor hulle by die hek instap draai al vyf om en se “ons is so lief vir jou mamma”. Dan gaan ek huistoe en begin my dagtakies. Eers pak ek ‘n vars brood en sommer muffins vir my siek vriendin, dan haal ek die vleis vir vannaand se ete uit die yskas en werk sommer die res van die spyskaart ook uit. Gee vir getroude Mina haar lysie van wat ek vandag verwag sy moet in die huis doen, dan gaan sit ek vinnig en drink ‘n koppie tee terwyl ek die jongste Rooi Rose deurblaai. Half 2 gaan haal ek my klein patroontjies en as hulle by die huis inkom neem ek elkeen se bestelling vir middagete. As almal klaar geeet het, help ek die jongstes met huiswerk en of neem een van die ouer kinders na ‘n hokkie, sokker of dalk rugby wedstryd. Teen 6 uur is die tafel gedek, die kos gaar en die kinders lees of speel rustig in hul aparte kamers. Voor my manlief huistoe kom, spring ek vinnig in die stort, was my hare, trek vars klere aan, blaas my hare droog en spuit myself met parfuum. Ons almal sit aan tafel om en by 7 uur. Teen agt uur is almal klaar geeet en teen nege uur is al die kinders in die bed. Dan sit ek en manlief en bespreek wa ons vandag elkeen gedoen het. Ons gaan dan kamer toe en voel so gelukkig en stress free dat ons selfs kan liefde maak ( die 4de keer hierdie week). My kinders slaap almal deur die nag en ek slaap rustig tot ons wekker 6 uur die volgende oggend afgaan. NOT!!
Picture this:
Ek is ‘n ma se agterend. Ek sukkel met twee, nevermind vyf. Die oudste een is net vier maar order my rond. Oulike kospakkies! HA HA. Die twee rakkertjies kry of toast of Frosties vir ontbyt. Manlief? O hel! Twee seuns eet middagete by die skool so oor hulle lunchboxes hoef ek nie te worry maar manlief sin moet nog gemaak word. Ek sal nie se dis great nie maar dis eetbaar (wel sommige dae anyway).
Ek gaan laai die kinders by die skool af. Ongelukkig kan ek hulle nie net voor die hek aflaai en met skreeuend bande wegjaag nie. Wat ‘n storie. Die een weier om my been te los, die ander een is ewe skielik Job se vrou. Gevries. Uiteindelik is die tweetjies gesettle. Mommy loves you se ek vir die oudste. “I am not your friend! gil hy skielik.
Kom by die huis, val moeg op die eerste stoel neer. Ek raak net so aan die slaap.Later gaan sit ek voor die komper, stuur ‘n paar emails en doen bietjie scrapping. Half 2 moet ek die rakkkertjies gaan haal. Oudste val my om die lyf. Mens kan sweer ek het hom jare gelede al daar afgelaai.
Aandete? Ek onthou eers van aandete as Mina my vroeg genoeg herinner anders hardloop ek gewoonlik soos ‘n afkop hoender vyf minute voor manlief by die huiskom in die kombuis rond. Die kinders is darem gebad en ek geen regtig nou nie meer om as hulle stoei op die rusbank nie.
Manlief kom by die huis. . My hare is plat om my kop en die sweet tap my af, ek ruik na tamatiesous en vis.Seuns stoei nogsteeds erens in die meenthuis.
Hy kry hulle amper rustig, gaan trek sy werksklere uit, soen my vinnig en vat die seuntjies dan kamer toe. Teen agt uur is hulle vas aan die slaap. Ek skep ons kos op en ek en manlief eet vinnig klaar. Kan nie wag om kamer toe te gaan nie. Ons albei is stokflou. Manlief probeer darem nog small talk maak maar ek antwoord in ja en nee so die gesprek hou nie lank nie. Uiteindelik in die bed. Goodnight love se ek maar die love is nog nie eens behoorlik uit nie en hy snork al. Ek raak net aan die slaap toe jr’jrtjie langs ons bed kom staan. Mommy i need to get in and where is my bottle. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n volle 5 ure un interupted slaap gehad het nie.
Nee wat om ‘n ma te wees is meeste van die tyd harde werk maar ai as hulle saans hul warm net uit die badlyfies teen jou kom vasdruk wel dan sien jy weer kans vir more.
NS: het darem weer met manlief geconnect op ons wonderlike vakansie by die see.
Okay indien enige iemand dalk gewonder het wat van my geword het, ek het Da Mario se raad gevolg (pak jou tassies gaan bietjie weg en los die familie agter) maar ek mos ongelukkig die hele familie saam piekel. Kuier tot einde volgende week by my ouers in die Oos Kaap. Ek weet hulle (ouma en oupa) wens die dae moet vinniger verby want let’s face it, my seuntjies is baie kere bietjie woelig. Ek het al track verloor hoeveel keer ouma benoud gil “no not that, not the couch, wat het hy nou beet” of oupa wat uit moedeloosheid bo in die lug sit (sy studeerkamer is soos ‘n klein soldertjie bo een van die kamers) en net elke nou en dan bulder “Hey stop screaming, stop making such a noise”
Oupie (soos die kleinkinders hom noem) is ‘n baie hands on oupa. Sal selfs ‘n PD (poefdoek) omruil as dit nie anders kan nie, maar oupa hou nie van baie geraas nie. Kinders mag doen net wat hulle wil (tot my ma se ontsteltenis natuurlik) solank hulle net
a) uit sy blombeddings bly
b) nie baie raas en skreeu nie
c) nie met hulle yoghurt vingertjies aan die remote vat nie
d) hom nie soggens voor 7 wakker maak deur op hom te spring nie
e) thank you and please se
f) en saans tussen 7 en 8 gaan slaap want oupie kyk nuus en NIEMAND mag beweeg nevermind praat as oupie nuus kyk nie.
Dit klink na heel billike reels ne? Wel easier said than done!! Want sien hierdie huis van oupie en ouma is glad nie child proof nie en glo my ek dink partykeer dit moet grootmens proof ook wees.
My ma maak huis en nie sommer met enige iets nie. Nee. My ma het alles van dit, bietjies van dat orals om die huis. En as ek se alles en bietjies wel dan bedoel ek dit.
Kom stap saam. Ek gaan julle net vinnig laat loer en dan sal julle verstaan hoekom my seuntjies vir amper 2 dae nie behoorlik kon slaap nie. Hoekom my oudste seun in die hemel is en vir die laaste week net 2 of 3 tantrums gehad het in plaas van 5 of 6 daagliks. Hoekom my jongste saans bly se “i have to wake up” nog voor hy behoorlik sy le op die bed gekry het, hoekom my ma-hulle se huis iets het wat kindetjies van heiden en verre laat kom.
Jy snak al na jou asem as jy die garage deur oopmaak. Daar loer Follie skaam uit die klein pakkamertjie uit. Follie soos in volstruis. Jip. Ek onthou die dag toe ma bel en se “sussie ma het ‘n volstruis gekoop” Ek het net daar ophou asem haal vir paar sekondes en al wat kon uitkry is “ek bel ma terug” Ek bel vir sus. Voor ek nog behoorlik hallo se sy “ja ‘n volstruis maar dit raak beter, die volstruis staan in ‘n glaskas. Dan klim jy die trappe na bo. As jy bo kom en rond kyk, dan jy weet sommer net. As die huis soveel karakter buite het, well dan wag daar ‘n hele nuwe wereld binne. En glo my, jy gaan beslis nie terleurgesteld wees nie.
Skuus ek moet groet. Ek sal die “toer” later moet voorsit. Geen broadband, wireless, of wat ook al internet hier langs die see nie, aikona. Dis nog dial up so hoe langer ek “kuier” hoe meer sukkel een of ander persoon om deur te kom op die huisfoon.
Geniet julle langnaweek. En onthou waaroor die eindelik gaan.
Groete uit die Oos Kaap
