You are currently browsing the category archive for the 'Bodytalk' category.
Ek leer of besef weer elke keer as ek klaar is met ‘n Bodytalk sessie, iets. Of ek nou ‘n sessie ontvang het of een gegee het. Gister het ek weer onthou hoe ongelooflik jou “mind” kan wees. Hoe jou “mind” jou beskerm. Dit het my altyd gepla as mense se dit en dat het hulle oorgekom maar hulle het nog nooit daaroor gepraat nie, of hulle praat daaroor asof hulle vir jou iemand anders se hartseer vertel. Hoe werk dit? Hoe word ‘n vrou verkrag of ‘n man as kind pap geslaan en a) hulle wipe dit net of b) volgends hulle het dit nie regtig gebeur nie.
Once again the mind is a powerfull thing. Daar is dan weer die ander kant. Hoe word ‘n vrou verkrag of ‘n man mishandel en hulle aanvaar dit net. Hulle verwerk dit, werk daardeur, leer om weer te vertrou, praat daaroor en kan nogsteeds in die einde vir jou se “dit het van my ‘n sterker mens gemaak, of “ek mos leer om te vergewe want anders sou my aanvaller wen”
Soos ek se ek leer elke keer iets nuuts. Ek het gister ‘n sessie op ‘n vriendin gedoen. Sy is baie “spiritual” en glo mens gaan deur seker dinge sodat jy weer vir ander kan help of leer. Maar glo my ek dink sy het nou al genoeg “lesse” geleer. Alles wat mens aan kan dink het met haar gebeur. En as sy vir jou haar verhaal vertel kan jy nie glo sy bly so kalm nie, kan jy nie glo sy se “but you know what, it made me a stronger person, i can related to so many people because i went through the same things they did” Nee wat julle. Daar haal ek my hoed vir haar af want ek dink nie ek sal ‘n verkragting op 14, dan weer op 21 kan oorleef nie, nevermind ‘n skietery waarin “the love of my life” in my arms doodgaan nie, om nie eens te praat van die 10 jaar waarin sy getroud was met ‘n man wat haar mishandel het nie. No way. Ek sal lankal al my kop neergele het en stadig begin doodgaan het. Maar nie sy nie, aikona. Sy het haar tuisland verlaat met ‘n dogtertjie van ses, SA toe gekom met amper niks en weer van vooraf begin.
Dis ‘n sad maar eindelik nice storie “don’t you think”. Dit maak ‘n mens weer glo. As sy so baie dinge deur kon gemaak het en deur dit alles nog staan, wel dan is enige iets moontlik. Wel dis wat ek gedink het. Sy het nooit vir my iets vertel nie, sy het hierdie “geheim” vir die laaste 34 jaar saam met haar gedra. En met gister se bodytalk sessie het die lyf uiteindelik besluit, na soveel jare is dit reg to let go, na soveel jare kan sy uiteindelik behoorlik begin genees.
Haar geheim. Deur alles wat met haar gebeur het, het sy nooit een traan gestort nie, nie een nie. Op ‘n manier het sy haarself oortuig as sy huil is sy swak, as sy huil verloor sy “control”. En na die bodytalk sessie staan sy in die kombuis en skielik sonder enige waarskuwing begin die trane te loop. Dit was nie baie nie, miskien 5 of 6, maar dit was net genoeg vir daai oomblik. Net genoeg dat sy moes besef okay dis oraait. Ek is seker daarvan as ek later vanoggend met haar gaan praat gaan sy vir my se sy voel “relieved”, voel ligter en dalkies ook dat sy later die dag nog ‘n traan of twee gestort het.
“The mind is truly a powerfull thing”
Bodytalk. Ek kan letterlik bladsye en bladsye vol daaroor skryf. Ek weet nie hoeveel van julle het al daarvan gehoor nie, ek weet ook nie hoeveel van julle wat al daarvan gehoor het is baie skepties nie, maar ek weet wel dit verander elke dag my lewe. Ek weet ook dit kan so baie mense se lewens verander as hulle dit net kans wil gee. Ek het so jaar gelede per ongeluk daarvan gehoor. My ma se een vriendin bel my laat een aand. Sy is jammer as dit ongelee is maar sy moet hierdie net met my deel. Kortliks vertel sy my oor Bodytalk en van haar eerste sessie. Sy hoef regtig nie hard probeer het om my te oortuig nie, want sien ek glo my hele lewe al aan die “n gesonde gees huisves ‘n gesonde liggaam” en dis persies waarom Bodytalk gebasseer is.
Ons lewe in ‘n wereld wat so vol stres is en ons jaag so rond dat ons baie kere vergeet hoe belangrik dit is om ons gevoelens en emosies in ag te neem. Baie kere vergeet ons om te skreeu as ons upset is, (al is dit net in jou kussing) of om behoorlik te huil as ons hartseer of selfs bly is. Ons vergeet van ons. En dan gaan sit baie van die negatiewe emosies wat ons op ‘n daaglikse basis ervaar in jou lyf. Die lyf probeer hard maar dit raak later net te moeilik en deur alles vergeet dit “how to heal itself”. Dis waar Bodytalk inkom. Dis amper soos Telkom. Die Bodytalk practioner kom maak jou lyne reg!
Dit was sussie se idee om hierdie post te begin. Sy se baie mense wil nie net feite lees nie baie mense wil weet hoe dit hulle kan help. So ek gaan nie meer tegnieser as dit raak nie. Ek gaan hierdie post net gebruik om julle te vertel hoe dit my lewe en die mense rondom my se lewens verander.
As julle meer wil weet gaan loer gerus www.bodytalksystem.com
