You are currently browsing the category archive for the 'Sommer (mans) goed' category.
Ek wonder. Die laaste twee dae wonder ek meer as gewoonlik want manlief is nie tuis nie en hy verstaan nie my “ek wonder” tye nie. Hy is ‘n ingeneur, so in sy wereld beteken “ek wonder” dalkies net dat iets ontplof. Alles is swart en wit. Nou dat daar kindertjies bygekom het, is hy stadig, let wel s-t-a-d-i-g besig om te besef daar is grys stukkies ook.
Maar ek moet byse alles word uitgewerk en hy probeer baie hard dat grys net-net kop uitsteek, grys word net toegelaat as dit regtig egtig nie anders kan nie.
Nee regtig. Hy kan nou nog nie verstaan hoekom kinders tantrums gooi nie. Volgens hom is dit onanvaarbaar en die enigste antwoord is: dis die MA se skuld. Daar is geen manier hoe hy net die tantrum sy gang laat loop, uit stap en terug kom as alles verby is nie. O nee. Daar moet ‘n rede vir hierdie reaksie wees. Ek bedoel hoe kan ‘n kind net van ”nice and happy” to ”wild and uncontrolable” gaan. Dis nie moontlik nie.
So, nes ‘n goeie ingeneur betaam doen hy berekening. En soos ek reeds gese het meeste kere is ek die rede. Ek het hulle te veel laat slaap, ek het hulle te veel voor bedtyd laat giggel, ek het hulle te veel suiker gegee, ek het te hard met hulle gepraat, blah blah blah. Sy gunsteling woorde is ” you must be doing something wrong, this never happens when I look after them”.
Dit is baie erg in ‘n ingeneur se wereld “not to be in control of the situation” Hy sit nou die naweek en om werk. Bladsye en bladsye le voor hom oop gesprei. 2Wat doen jy” moes ek vra. Wel verduidelik hy my. Hy en die res van die span moes ‘n “if this happens then we do this, if we don’t then this is going to happen” uitwerk. So het hulle omtrent vir elke denkbare probleem wat kan gebeur ‘n oplossing en doen dit nie reaksie uitgewerk.
Toe gebeur dit, sonder enige waarskuwing, geen “if this happens, then you must do this” lysie nie, geen watse maatreels moet getref word dat ons die situasie so gou as moontlik onder beheer moet kry is in plek nie. Nee. Want manlief was so seker van homself hy het skoon vergeet dat grys toeslaan wanneer hy wil. Jr gaan aan die skreeu. Maar regtig vol bors, arms swaai, kop draai, oe rol, die spoeg spat en daar is geen teken van trane nie. Nou kom ek se jou bietjie Mnr Ingeneur. Jy kan nog keer as hy begin skreeu, jy kan hom nog vashou al skop hy erger as ‘n perd en byt hy seerder as ‘n krokedil maar jy staan GEEN KANS as daar nie trane is nie. Geen trane beteken “run and take cover”. Maar natuurlik het ek nooit daai brokkie inligting met hom gedeel nie. Hy probeer alles, letterlik alles maar seun gil en skreeu, rol en tol. En ek…. Ek staan en loer uit die kombuis uit. En wonder vir wie of wat hy nou die skuld gaan gee?
Om terug te kom by vannaand se wonder. Ek wonder hoe dit moontlik is om iemand so lief te he al verskil julle soos dag en nag. Is dit moontlik? Want glo my daar was al baie dae (meer die afgelope ruk) wat ek gewonder het of ek nie net moet oppak en loop nie maar dan wonder ek of hy al ooit dieselfde gewonder het en of hy maar te bly is ek wonder so baie en doen nie veel daaraan nie want net nou net nou blaas ek die huis op?
NS: Indien jy dalk gewonder het, ek het weer die skuld gekry want sien dit was half 6, hulle badtyd, en ek mos vroeer die kos in die oond gesit het. Sy persiese woorde ”This could have been avoided if you had stuck to the plan. So please remember for next time okay”?
