You are currently browsing the category archive for the 'Sommer (my) goed' category.

Okay so miskien net miskien is my “gogga” ‘n akkedis. En vir die van julle wat dink dis ‘n grap. Wel dan het julle beslis nog nie “my” akkedis gesien nie.

Dis hoe Mina toe mos besluit “no this lizard is too big, I think it’s going to lay eggs” “What” skreeu ek. Ek raak amper flou. Ek kan net imagine honderde klein baba akkedissies orals in die agterplaas. Honderde en honderde akkedissies wat my met skrefies ogies aankyk, om nie eens van hulle klein tongetjies te praat nie. Nee wag, ek moet nou eers badkamer toe en my klere gaan uitskud. Ek sweer ek voel iets kriewel in my hemp.
Soos nou weet julle ook waarnatoe my klein “vriendinnetjie” verdwyn het, sy was op kraamverlof of so wou sy ons almal laat dink!

GUESS WHO’S BACK!

Jip! Saterdagoggend loop ek niks vermoedend van die wasgoedlyn af terug kombuis toe. Net toe ek my voet op die drumpel (so mooi Afrikaanse woord) van die agterdeur wil sit, voel ek iets kyk vir my. En sowaar. Daar le “sy” regvoor die deur. Ek se julle, toe ek gillend weghol kon ek sweer ek hoor hoe “sy” wil my lag. En as julle wonder. Ek glo nie sy was ooit op kraamverlof nie, ek dink sy het erens haar klein pootjies op ‘n hond of kat gekry want daai akkedis is nou 2 keer groter as wat “sy” laas was. Genuine. Ek reken as “sy” nog groter raak kan mense haar vir ‘n baba krokedilletjie misgis.

Ek weet dis simpel, ek weet hulle is miljoen keer kleiner as ek, ek weet hulle byt nie (wel weet ons dit vir ‘n feit, want kom ons wees eerlik, gaan jy ooit aan enige iemand herken ‘n akkedis het jou gebyt?) ek weet hulle help om die vliee getalle laag te hou. Ek weet ek weet. Maar ek weet ook hulle is freaky klein glibberige gediertjies met klein kraal ogies. En ek weet ook hulle lyk net so onskuldig. Ek hou nog steeds vol, daai vet akkedis le nagte wakker en beplan my downfall.
En om dinge te verger sy het ‘n klein army. Ewe skielik is daar honderde akkedisse in ons agterplaas. My seuntjies raak so opgewonde hulle bly kort kort skree “come look mummy we found a lizard” Vir wat hulle my bly roep die sal ek nooit weet nie behalwe dat hulle miskien dink dis histeries as hulle ma al gillende verby hulle storm terwyl sy skreeu “akkedis akkedis.
Dit maak nie meer saak nie. Al wat nou saak maak is hoe ek oor my vrees gaan kom want so kan dit nie aangaan nie. Ek is besig om gevange gehou te word in my eie huis en dit nogals deur ‘n AKKEDIS!

Ek voel so bietjie sleg. Vandat ek 3 dae terug geblog het, het ek nie weer die intruder gesien nie. Ek maak nogsteeds die agterdeur oop en kyk woes links en reg, op en af en maak gereed om te storm maar dis nie meer dieselfde nie. Want ek weet hy wag nie erens agter ‘n pilaar of langs  ‘n muur vir my nie.

Nou voel ek skuldig. Se nou net iets het met hom gebeur? Se nou net hy was op die verkeerde plek op verkeerde tyd. Se nou hy le erens erg beseer, maar niemand hoor sy klein noodkreetjies nie. Se nou hy is siek. Se nou hy is …. dood. Wat?

Ja ja ek weet, 3 dae terug kon ek nie wag om oorlog te verklaar nie en nou treur ek oor die “enemy”. Maar ek het nooit gedink om hom skade aan te rig nie. Ek wou hom wys wie’s baas. Miskien my stem harder maak as ek skreeu, miskien hard terugstaar en hom laat vlug, miskien maak of hy nie bestaan nie en hy die hint vat en iemand anders gaan soek om te “harass”.

As ek nou wasgoedlyn toe stap (deur die agterplaas) kyk ek stadig rond of ek nie sy “lykie” erens gewaar nie, ek het myself vanoggend betrap dat ek goed begin optel en wegskuif net ingeval hy dalkies erens vassit en nie kan uitkom nie. Ek het dit sterk oorweeg om ‘n klein koppie water buite neer te sit maar toe besef hoe belaglik dit gaan lyk en hoe gaan ek dit aan my huismense verduidelik.

Waar is hy?

Mina my huishulp  het dalkies die antwoord en hy is volgens Mina  ‘n sy!

Vertel julle later!

Elke oggend vir die laaste week maak ek versigtig die agterdeur oop, kyk vinnig links en reg, op en af en hardloop dan soos ‘n mal besetende en gooi saad vir die voeltjies in die agterplaas uit. Voor ek by die agterdeur instorm kyk ek net gou weer om my rond. Mens kan nooit te seker wees nie. Dieselfde prosedure het gegeld toe ek die wasgoed moet gaan ophang, behalwe ek moes verby die watertenk  loop (wat mens nie alles by die vorige inwonders “erf” as jy ‘n huis koop nie) so daar staan ek dan met ‘n mandjie vol nat wasgoed en voor ek ‘n tree verby die tenk kan gee  moes ek eers die ding val alle kante af bekyk.  Teen die tyd dat k uiteindelik by die wasgoedlyn uitkom is die wasgoed amper droog en ek het geen meer gevoel in my bo-arms nie. Toe dink ek maar ‘n ander roete uit. Manlief het natuurlik gevra “is dit regtig nodig dat jy die wasgoed deur die huis moet dra, veral deur die TV kamer?  Ek het net mooi geglimlag en iets gemompel soos “dit is makliker” . Wat natuurlik ‘n leun is want nou sleep ek die wasgoed deur die kombuis, af by ‘n nare trappie tot in die TV kamer, dan deur ‘n klein sydeurtjie, as ek buite is moet ek oor ‘n kort muurtjie klim en dan ‘n stukkie grasperk voor ek uiteindelik die wasgoedlyn haal. Nie net is die wasgoed ook dan amper droog nie, my bo arms dood nie maar ek het dan sonsteek ook opgedoen.

Ek het nie vanoggend kans gesien vir die hele gryp ‘n hand vol saad, scan vinnig die omgewing, gooi neer en hardloop terug routine nie. Ek is genuine net te moeg. Maar ek kan ook nie glo dat hy bepaal of die voeltjies kos gaan kry en my wasgoed gehang gaan word nie.

Dis dalk tyd dat ek my agterplaas terugneem, tyd dat ek hom ‘n ding of twee vertel, tyd dat ek my vrees in die oe kyk. Dalkies met ‘n slukkie iets wat sterker as Oros is?

Ek sien sy klein evil gesiggie voor my, en ek is seker daarvan hy smile en beplan hoe om my oor die volgende paar dae finaal te laat crack.

Wie gaan wen?  Watch this space

Ek het nog ‘n kuier oorleef, die tweede een in minder as ‘n maand. Ek het myself baie goed gedra en wou net eenkeer ‘n waatlemoen op haar kop stukkend slaan, nee wag maak dit twee keer. Maar wie tel nou?  Okay so ek tel, ek tel elke liewe keer as sy die houtstok dieper in my hart steek en ek myself in toon kon hou. Ek onthou alles wat sy gese het om ‘n reaksie uit my te kry en hoe ek kon wegstap (natuurlik het ek wegstap, my kop in my klerekas gaan steek en woorde gebruik wat in seker lande verban is, maar gelukkig het ek nie WEER my humeur verloor nie)

Teen die tyd mos julle al aflei van wie ek praat. Daar kan net een persoon in die wereld wees wat ‘n baie nice vroutjie in ‘n monster kan laat verander en as jy PMS in die mix gooi dan kry jy ‘n baie nice vroutjie wat in ‘n monster verander en moord kan of wil pleeg.

Ek het eendag vir sussie gevra of die regter my sal jammer kry as ek iets onverantwoordeliks aanvang en dit  op PMS blame. Ek kan nie onthou wat sussie gese het nie maar duidelik sou PMS my nie ver gekry het nie ander het ek lankal die iets onverantwoordeliks aangevang.

Skoonma. Op die oog af lyk sy so mak soos ‘n lammetjie,soos jou tipiese ouma tipe. Selfs die gryshare om die prentjie af te rond. As jy haar die eerste keer ontmoet sal jy dink sy is ‘n great ouma veral as sy jou begin vertel dat sy spesiaal Jhb toe gevlieg het om haar oudste kleinkind se verjaarsdag koek te bak (en as jy wonder ja sy het spesiaal opgevlieg vir die jongste een se verjaarsdag ook – maar hierdie jaar ek ‘n koek bestel want granny se barney koek op sy tweede verjaarsdag was wel… ) jy sal dink dit moet great wees om ‘n skoonma te he wat help party packs pak, wat jou kinders bad, wat saam met hulle blokkies bou en karretjies speel. Wat spesiaal ‘n net om haar swembad laat sit het toe sy hoor die kleinkinders kom kyk hoe lyk haar nuwe huis in die Kaap.  Komaan steek hande op, hoeveel van julle wil my skoonma he, hoeveel van julle kan nie glo ek wil ‘n waatlemoen nader sleep nie, ek is seker daarvan ‘n paar van julle dink “shame arme tannie, ek wonder of Pippielangkous nie a) ‘n skroef los het en haar terrible behandel nie of b) sy nie besig is om te oordryf nie, die tannie klink so nice, ek is seker sy bak nog koekies vir haar kleinkinders as sy kom kuier (dis nie regtig koekies nie, dis shortbread en sy bak dit vir haar seun. Dit en ‘n bottel homemade marmelade maar soos ek reeds gese het vir haar geliefde seun)

Ek kan nog aangaan. Kan julle vertel hoe sy saam met die seuns gaan stap, saam met hulle swem en roomys eet. Ek kan julle vertel hoe sy elke week by die Hospice winkel (sy is ‘n volunteer) deur die kinderboeke gaan en vir haar kleinseuns die mooiste kinderboeke koop, dit dan in ‘n groot bruin pakkie sit, saam met ‘n briefie vir elke kind en dit vir hulle pos. Hoe sy twee aande voor Kersfees vir my man gehelp het om die seuns se fietse(hul kersgesenke) aanmekaar te sit of elke aand terwyl sy hier gekuier het vir die oudste ‘n storie gelees het omdat hy mal oor boeke is.  O gaats sien wat het nou gebeur. ek was nou reg om vir julle te vertel hoe gagga sy my al in my lewe behandel het, hoeveel trane ek al gestort het, hoeveel keer ek vir sussie gebel het en sy my mos moed inpraat. Ek wou en wou en wou. Maar skielik besef ek toe.  Dit maak nie saak of sy van my hou nie, dit maak nie saak of ek ja en nee op die regte plekke moet se vir die res van my getroude lewe nie, niks van dit maak regtig saak nie.
Want sy het lewe gegee aan die een wat ek ontsettend lief het(wel sommige dae) en sy is so lief vir haar kleinseuns en sy is genuine ‘n goeie granny. Dit kon soveel anders gewees het.

Skoonma ons sal seker nooit eye to eye sien nie maar dankie vir wat jy vir my kinders doen en beteken. Al het ons, ons rusies en verskille het jy nog nooit anders teenoor my kinders opgetree nie. En daarvoor sal ek altyd dankbaar wees.

Mag 2009 ons dalkies ‘n treetjie nader bring (sonder ‘n waatlemoen in my hand)

Maar sy moes natuurlik eers met haar goeie ou nice sussie raas. En het sy geraas. Ek het die trappe afgevlieg (hoe ek nie my enkel in die proses geswig of gebreek het nie weet niemand) verby my ma gehardloop en net toe ek die laaste van die 10 trappies straat toe af is draai ek om en skreeu “en ek kom ook nie na haar f*&* troue toe nie” Arme ma wou nog keer, nie net om my te kalmeer nie maar ook om my stil te kry want dis ‘n klein dorpie en al wat sy nou nog nodig het is mense wat Saterdag oggend  koffie drink en se “weet een van julle wie vroegoggend so gegil en geskreeu het in die straat?” “ek het gehoor dit was die jongste dogter se  troudag, miskien was dit sy wat besluit het sy gaan nie meer voort nie” “sjoe dit sal nou ‘n ding wees, ek het gehoor haar ma het soveel moeite gedoen”.  Anyway ma was nie betyds nie en daar was ook nie ‘n manier dat sy met haar slaappakkie agter my aan gaan hardloop nie, so toe loop ek maar weer terug na die plekkie waar ons opgesit is vir die troue en huil dat die spoeg spat.

Hoe moes ek nou weet, as jy al klaar nie baie van mense hou nie, jou kitchentea die vorige aand ‘n flop was omdat daar juis net te veel mense was en jy verby moeg was omdat jy al van vroeg oggend tafels help dek en blomme probeer rondskuif, jy al klaar huilerig begin voel het 2 weke terug maar alles mooi bymekaar probeer hou het “because I don’t do hysterical”, die laaste ding jy wil he is jou sussie wat kwart voor 6 voor jou bed staan, all smiles (wat ek raak goed wakker, goed ongelukkig nie mooi ) en jou probeer vertel wat jy alles die vorige aand gemis het, en hoe vandag die begin van iets wonderliks saam met jou nuwe man gaan wees, en hoe mooi jy gaan lyk en hoe dit na 4 dae van storms (wind en 2 dae reen) ‘n lieflike wolklose dag is nie goed gaan afgaan nie. Ek kan myself net voorstel hoe sommige van julle nou se “moet net nie se jy het dit gedoen nie, wat is fout met jou” of “kan jy nie vir jouself dink nie” of “jy kan bly wees sy het nie agter jou aangeskreeu “bly weg van my troue af nie”

So gagga soos die dag begin het so mooi het dit geeindig. Sy het nie gejok toe sy in haar blog geskryf het dat alles perferk was, sy met die beste man nog getroud is en dat sy stunning gelyk het nie. Ek jeuk om vir julle net een ou fototjie te wys of miskien 2 okay nie meer as 4 nie, maar ek dink nie sy gaan baie lief wees vir my as ek haar limelight steel nie. So julle sal seker moet wag vir wanneer sy van Japan af terugkeer.

Ek gaan nog vertel maar as ek nie nou afsluit nie skryf en skryf ek so dat niemand ooit hierdie lang post gaan lees nie.

Ek sien my sussie het my ‘n week gelede “getag” om my “when harry met sally” storie te vertel. Eerste ding wat ek net vir julle wil se. My sussie het een van die oulikste “when harry met sally” stories dink julle nie so nie. En tweedens myne is nie naastenby so oulik en cute nie maar nou ja ‘n tag is seker ‘n tag – of mag ‘n mens ‘n boete betaal en ‘n tag vryspring?

 

Picture this (en ek is seker daarvan meeste van julle kan) Dis ‘n Saterdagoggend na ‘n ROWWE Vrydagaand (een of ander pel het ‘n verhoging gekry,’n vriendin het verjaar, iemand se boetie het pa geword, ek kan nie eens onthou nie)

In elk geval “it was the afternoon, after the night before” en ek en my goeie vriendin house-sit weer my ouers se huis. Al wat ek kan onthou is my vriendin wat my wakker skud met ‘n  glas water in die een hand en ‘n Panado in die ander. “Staan op” beveel sy my. As ek genoeg krag gehad het, het ek nie net omgestaan nie maar haar sommer omgestamp ook. Al wat ek uitkry is “nooit weer nie”. “Ja ja, persies wat jy 2 weke terug gese het” antwoord sy. “Toe komaan, dis amper 2 uur en ons moet gaan braai”.  “Los my net hier” kreun ek terwyl ek my duvet oor my kop trek. 

Dit was ‘n groot storie – die braai waarna ons toe oppad was. Ek persoonlik het lank en hard help reel. Ons het besluit om ‘n singles braai te hou. Almal van die vriendekring moes iemand nooi wat single was en wie die ander nie ken of juis ken nie. Come to think of it – wie ek ek genooi? In elk geval so soos ek reeds gese het dit was nie jou gewone Saterdagmiddag braai nie, wie weet, jy kon dalk jou aanstaande “partner” ontmoet.  

Ek wou nog ‘n uiltjie oppad na ons vriendin toe knip, maar net toe ek my oe toemaak hoor ek hoe sy oor die interkom ons koms aankonding. “ek sien nie kans nie” se ek toe sy uitklim. “Ek is moeg verby, kan ek nie net so rukkie hier le en dan kom roep jy my later nie” smeek ek maar ek weet reeds wat die antwoord gaan wees. Sy ruk my deur oop en beveel my om uit te klim. Dis toe dat sy na haar asem snak. “Kyk hoe lyk jou hare” “Wat is verkeerd met my hare” vra ek terwyl ek benoud daaraan vat. “Nee man, nie voor nie, agter. Dit is een koekspul” Hel toe tref dit my, ek was in die proses om my hare te was maar toe ek die sjampoo wou gebruik kon ek dit  nie kry nie,  toe klim ek uit en borsel my hare om te sien of dit baie sleg so sonder die was gaan lyk, obviously het dit nie, maar obviously het ek ook vergeet om die agterkant van my kop te kam!!! “Shit ons beter probeer red” se my pel en sleep my in ons gasvrou se kamer in. Ons kry uiteindelik ‘n borsel maar my sy het nog nie eens behoorlik geborsel nie toe gaan ek aan die gil. (O dis seker nou ‘n goeie tyd om julle van my famous hare te vertel, daai tyd was dit lank en ek het so baie krulle gehad mense het my keer op keer gevra of ek dit “perm”?) Verstaan julle nou wat my pel met “koekspul” bedoel het? Intussen loop ‘n dierbare vriend van ons in gee my hare een kyk en stop ‘n glasie in my hand. “I think you need this more than I do” Ek wil nog protest maar my vriendin gee nog ‘n trek aan my hare en ek sluk daai glasie amper heel in.  Dit voel of my binnekant aan die brand is maar niks kom by die hare kam pyn nie. Na die derde of so probeerslag en meer glasies, wat ek nou weet mampoer is, gee ons op.Dis ver van reg lyk maar dis darem beter as toe jy net hier aangekom het” se my pel. “In elk geval dis dit of die hele aand in die kamer bly”. As ek nou daaraan dink, sou ek seker die tweede opsie gekies het as ek nie al klaar n paar glasies mampoer ingehad het nie. Hulle se mos “booze gives you courage”. Gelukkig was ons so lank doenig dit is al laat middag was. Ek reken toe oor ‘n uur of so is dit donker en wie gaan dan my hare sien.  En ek begin te kuier. Ontmoet die nicest mansmense. En dis so lekker om te weet, everybody is available. Ek is nog so besig om een outjie se sakhorlosie te bewonder (please don’t ask) toe ek iemand hoor se “my maggies hoe gaan dit”. Ek kyk op en al wat ek sien, is die mooiste blonde hare. Okay so die hele “amper donker niemand gaan my hare sien storie”, was duidelik iets wat ek in my dronkenskap vir myself bly se het. En die eerste ding wat in my kop opkom is, ek moet aan sy hare gaan vat. Genuine. Kan julle glo. Waar het julle al gehoor van iemand wat oorval word met ‘n begeerte om aan ‘n wildvreemde man se hare te vat? Sy hare was sag, sag, sy gesigsuitdrukking iets tussen skok en verbasing -duidelik was ek die eerste vreemdeling wat ooit aan sy hare gevat het en sy stem – sjoe na 9 jaar gee sy stem my nogsteeds hoendervleis.  Ek onthou toe ek aan sy hare vat en hy oor die skok kom, hoe hy na my toe draai en se “now its my turn”.  En hoe hy versigtig aan myne gevat het. Dankie tog die voorkant het kick arse gelyk. My krulle het mooi oor my wange gehang.

Wel that’s it. Love at first sight vir my beslis. Sy hare het my voete onder my uitgeslaan.  Paar jaar terug vra ek hom eendag “so what did you think of me the first time you saw me.”  Ek kan sien hy wil nie regtig antwoord. “Come on, tell me.”  “Are you sure” vra hy versigtig. “Yes i am”.

Well the first thing i thought when i saw you was “geez i wonder if she brushed her hair today?”

 

Na amper 4 jaar het ek my man uiteindelik oortuig dis tyd om n ander huis te soek. Glo my met hierdie twee woelwaters het die plek (wat sommige mense alreeds plekkie noem) net te klein geraak.  Ek gaan wel so bietjie sad wees as ons die dag die deur agter ons toetrek want vir ‘n townhouse het hierdie plekkie ‘n ENORME hoofslaapkamer. Nee genuine. Dis groot. Maar omdat ek en manlief nie ‘n TV in die kamer wou he nie het ons actually baie spasie gemors. Mens kan met gemak ‘n klein TV kamertjie hier inpas en dalk nog ‘n ekstra enkelbed ook.  Ek het al die jare die kamer for granted gevat. Tot ek onlangs begin townhouse en selfs huise kyk. My maggies party plekke se hoofslaapkamers kan 2 keer in myne inpas.

Maar ongelukkig is ‘n groot hoofslaapkamer nie ‘n goeie genoeg rede om aan te bly nie. Dit het natuurllik sy nadele ook want die seuntjies dink dis hulle kamer. Ek het nou die dag omgeval van skok toe ek instap en hier ry my jongste met sy swart motorfietsie heen en weer oor die mat. Gelukkig vir hom het hy vinnig besef ma dink nie dis baie snaaks nie want die volgende minuut tel hy sy fietsie op en vlieg omtrent by die trappe af. 

Ek hoop die volgende mense waardeer die hoofslaapkamer meer as wat ons het. Hoop hulle gebruik die spasie reg. Miskien gaan hulle ‘n klein tvkamertjie in die een hoek sit bed in die ander en erens in middel ‘n “track” vir hulle seuntjie se swart motorfietsie. “Who knows”

  Nee man hoe beland dit dan nou hier? Okay ek dink dis tyd dat ek iets ander moet herken “ek is ‘n techno virgin”  WAAR IS DIE RES VD FOTOS!!!

Wel ek moet se om jou “party virginity” te verloor is no walk in the park. Daar was ‘n paar angsvolle oomblikke. En natuurlik is jou eerste keer nie iets wat jy nie graag wil oor he nie maar nou ja. Wat gedoen is, is gedoen. Ek weet darem nou wat om te verwag as oudste se party gereel moet word. Iemand mos geweet het ek sal na my eerste party nie gou weer kans sien vir die volgende een nie daarom is daar ‘n 8 maande recovery voor die volgende een.

Okay die oggend moes manlief vir my skoonma op die lughawe gaan haal. Sy het slap bang binne in die middel van alles geland. Half 11. So dit het beteken dat manlief nie regtig kon help met die party voorbereidings nie. Wag so bietje, wag so bietjie. Het hy nie sy ma se booking via die internet gedoen nie. And the penny drops.  Ek het nou ‘n sterk vermoede hy het dit aspris so beplan. Aspris sodat hy nie deel hoef te gewees het van die vooraf reelings nie. Al die sweet, die amper trane (daar was 2 party pack geskenkies te min), die op en af by die trappe met al wat glasbak is, om nie een van die  Pick ‘n Pay toe jaag vir plastiek vurke (sussie ek is so jammer – maar jy moet verstaan, ek het nie genoeg regte koekvurkies gehad nie, asb moenie vir ma se nie), te praat nie.

Anyway, alles het soort van glad verloop. Gelukkig het 4 kindertjies nie opgedaag nie so al die seuntjies het party pack geskenke gehad. Julle ouens my party pack geskenkies was bietjie van ‘n gemors. Ek het vergeet ‘n mens stuur die geskenkies saam met die kinders huistoe en virgin wat ek is pak dit toe alreeds in hulle sweets pakkies in. Wat ‘n gedoente. Dit was sulke klein plastiek geweertjies met 2 klein pyltjies. Na omtrent ‘n half uur bars elke 2de seuntjie in trane uit. “Where is it, where” gil meeste van hulle. Ja julle het reg geraai. die pyltjies is almal missing.  Wel daai krisis het ons ook oorleef.

All en all was die partytjie (volgens my anyway) nie te bad nie. Ek het hope fotos geneem. ek is happy snappy mad. Ek dink ek was so besig met die fotos neem dat ek helfte van die party soos ‘n afkop hoender ager al wat kind is aangehardloop. So ek het nie juis gesocial nie. Manlief aan die ander kant.  Ek was skoon stom van skok. Toe ek nog so agter ‘n taai vingertjie kind aanhardloop struikel ek amper oor ‘n swart motorfietsie want daar onder die boom sit my man saam met die res van die ouers en koek eet. My man. Julle weet die een wat bereken en weer moet bereken voor hy enige iets doen. Ek vermoed hy het van sy ma af weggehardloop maar dit bly tussen ons. Ek? Natuurlik het ek ook weggehardloop. Hoekom dink julle neem mens meer as 100 fotos op ‘n kinderpartytjie en meer as die helfte daarvan is nie eens jou eie kind, kinders of selfs man nie. 

. Dankie vir al julle moed inpraat voor die tyd en wonder of ek okay is na die tyd. Dit beteken baie vir my.

More vertel ek julle vd  petting zoo!

 

 

Ek het nooit in my lewe gedink ek sal sing en dans as ek my jongste gaan oplaai en hy het nogsteeds dieselfde broek aan wat ek vanoggend vir hom aangetrek het nie. Ek het nooit gedink ek sal my ma bel en se ” ma raai wat ek het wonderlike nuus, die oudste het na maande se gesukkel uiteindelik in die toilet ge no 2 ( my ma se antwoord – moet jy dit nou met my deel – ek glo dis beter as die reaksie wat ek seker by my sus sou kry – haar antwoord op enige iets wat met die twee otterjassies te doen het is “neuk hulle net man”) Manlief kom by die huis en vra hoe was my dag. Ek lag hardop en draai in die ronde. “Looks like you had a great day, what did you do” “Nie ek nie, die seuns. Jy sal dit nie glo nie maar jr’jrtjie het nie ‘n glipsie by die skool gehad nie en jr het in die toilet te no 2″ My man loop kamer toe en se net “oh”. “oh” dog ek.  Hy kla al maande dat ek iets aan die oudste se fobie vir no 2 in die toilet moet doen en dat die jongste een reg is vir pottytraining. Uiteindelik word daar vordering gemaak en al wat hy se is “OH”.

Skielik tref dit my. Ek raak opgewonde oor my kinders se nommer een en twees?  Is dit wat motherhood aan my gedoen het?  Ek kan aan niks anders dink wat my vandag laat op en af spring het nie dink ek hartseer. 

Dit was gister. Vanoggend wat ek reg vir vandag.  Ek het gaan tee drink by ‘n liewe vriendin en ek was vas oortuig ons gaan die wereld se probleme oplos, oor ons land se ekonomie praat, okay wat weet ons van die land se ekonomie maar ons kan miskien dalk selfs Egoli notas uitruil. Ek is so opgewonde oor die oggend wat gevul gaan wees met Grootmens praat dat ek al die pad na haar toe hardop saam met Jacaranda sing.  Sy kom deur toe ons het skaars gesit toe sy haar hande opgewonde klap en se raai wat my meisiekind  het besluit sy wil nie meer ‘n nappy he nie”. “Kan jy glo” se sy vir die 2de keer. “sy gaan tot al self badkamer toe”. Ek smile en se hoe bly ek is, besluit om nie my no 1 en 2 stories te deel nie want mens “pee” (no punn intended) nie op ’n mede mamma se parade nie. Ons praat en praat alles  mamma goed. Ons praat oor dissipline, wat werk en wat nie, oor snot neuse en kinders wat nie wil eet nie. Teen die einde wens ek net vir een of twee groot mens topics.

Ek kom vanmiddag moeg by die huis.  Skielik lui die telefoon.  Nog ‘n vriendin.  “I need your advice please”  Jippe iemand dink wat ek se sal dalk ‘n verskil maak. Iemand dink ek kan dalk antwoorde he. Antwoorde op belangrike goed. Antwoorde wat haar dalk kan help om ‘n belangrike besluit te neem. Grootmens besluite. Grootmens goed.  Ek is nou al so opgewonde ek sukkel om te antwoord. ” Go ahead” se ek uiteindelik.

“Well I was wondering if you have any idea why my four year old don’t want to poo in the toilet”

Ek mis my sussie vandag weer meer as die gereelde mis. Dit het seker ook te doen met die feit dat dit gister my verjaarsdag was en dit was die die tweede een in ‘n ry waar sy by was om saam met my ‘n koppie tee en ‘n snytjie koek te eet nie. Laas jaar was ons oor die waters en hierdie is sy. Ek is so lief vir haar.

En as ek nou terug dink aan die dae net na haar geboorte was sy beslis nie my favourite persoon of pap pink dingetjie nie. Ek was sewe toe sy haar verskyning gemaak het. En ek het glad nie daarvan gehou dat sy ewe skielik al die aandag moet kry nie. Ek moet leer om sagter te praat, leer om te wag (nie nou nie mamma moet gou eers vir J bad, voer, aantrek)

Soos die jare aangestap het, het dinge beslis nie makliker geraak nie, my sussie was ‘n klein grootmensie. Een met breins en attitude (and lots of it).Sy het persies geweet hoe om mens te laat dans na haar pypies, my pa het haar aanbid (doen nogsteeds) en my ma was so bly sy is glad nie soos ek nie (ek was blykbaar erger as erg) sy en my boetie was 9 jaar uit mekaar so vir hom het sy nie regtig bestaan nie.

Sy het in Sub A (Graad 1) by die huis gekom en gese sy soek eierboksies. Okay se my ma, ek sal dit gaan kry. Nee se sy sy soek die eierboksies NOU. My ma probeer uit te vind vir wanneer sy dit nodig het. Nou bly sy se. toe figure moeder sy bedoel seker sy moet dit nou he om more skool toe te vat. Ek kom die volgende middag by die huis en my ma roep my. Jy weet die eierboksies wat sy vanoggend moes skool toe vat. (Natuurlik, ek was die een wat in die middel van die nag by Spar moes uitklim om 12 eiers te gaan koop.)  Sy het dit eers oor 3 weke nodig antwoord my ma. En dit was die dag wat ons besef het my sussie sal berge versit om te kry wat sy wil he. Sy het ‘n wil van haar eie en she doesn’t take any prisoners. As ek nou terug dink moes ons geweet het die enetjie is anders want op 5 hou hulle ‘n wat ek gaan word as ek groot is dag,. Sy het as ‘n regter gegaan. 

Die eendag toe sy 10 jaar oud was weier sy eenvoudig om langer in my ma se klein geel 323 Mazdatjie opgelaai te word. Wel dis dit of jy stap se my ma. Sy het net te lank vir my gedink en ek was seker daarvan sy gaan se sy stap van nou af. Nee se sy as dit dan nie anders kan nie, moet my ma om die draai van die skool parkeer. Gelukkig vir haar het my pa nie lank daarna vir my ma ‘n nuwe kar gekoop. Ek wonder skielik of dit vir my ma was of vir liefste sussie wat dan weer haar kop hoog kon hou as sy by die skool gehaal word?

 Anyway ons raak almal groot, ek het later besef sy is meer as net die pink pap klein dingetjie wat jare gelede my spotlight kom steel het. Sy is vandag my beste vriendin, die enigste een wat my moods verstaan, wat my reguit in die oe kan kyk en se “laat staan jou bollies, jy het niemand behalwe jouself om te blame nie, of “ek kan nie glo jy wil he ek moet jou kan kies as dit duidelik jou skuld was nie” (as ek en manlief fight) of  my gunsteling “ruk jouself f&%$$ reg” Dit word net in uiterste gevalle gebruik, soos sy eenkeer gese het ”as niks anders werk nie”.

Ek mis jou sus, ek mis ons tee drink al is dit bloedig warm buite, ek mis jou na werk stop oppad huistoe net om vinnig hallo te se maar dan raak dit langer en later raak jy op ons bank aan die slaap. Ek mis jou “wat het jy wat lekker is” roep terwyl jy deur my kombuis kaste krap.

Dis nou tyd dat jy huistoe kom. Asb.

     ,//